# Die vonnisoplegging van die veroordeelde kinderseksoortreder Iain Wares is tot 7 Junie in die Wynberg-streekhof uitgestel vir voorvonnisoplegging. Die 86-jarige voormalige onderwyser sou gevonnis word nadat hy skuldig bevind is aan die onsedelike aanranding van ‘n voormalige leerling by die Rondebosch Boys’ Primary School in 1988. Sy nuwe verdedigingsadvokaat het meer tyd versoek om […]
# Rugby: Agterspeler Stedman Gans hoop om sy 100ste wedstryd vir die Bulle te speel in Saterdag se Verenigde Rugbykampioenskap-groepwedstryd teen Benetton op Loftus. Die voormalige Blitsbok-ster het sedert 2017 in 22 wedstryde vir die Blou Bulle en 45 vir die Bulle gespeel. Hy beskryf sy tyd in Pretoria as ‘n seën. Die Bulle is […]
# Die LUR vir Mobiliteit in die Wes-Kaap, Isaac Sileku, het provinsiale verkeersbeamptes geloof na ‘n klopjag tot ‘n groot dwelmbeslaglegging by die Tsitsikamma-tolplaza op die N2 gelei is. Beamptes het ongeveer 15 sakke saamgeperste dagga tydens ‘n roetine-voertuigondersoek gevind en die bestuurder in hegtenis geneem, terwyl ‘n passasier ontsnap het en steeds voortvlugtig is. […]
# Vier Mexikaanse burgers is onder elf verdagtes wat in hegtenis geneem is in ‘n groot dwelmklopjag op ‘n plaas in Swartruggens in Noordwes. Die polisie sê die intelligensie-gedrewe operasie het ‘n dwelmvervaardigingslaboratorium van etlike miljoene-rande ontdek, wat sedertdien afgetakel is. Die verdagtes sluit ook ‘n vrou in. Polisiewoordvoerder Athlenda Mathe sê die arrestasies stuur […]
# The Princess of Wales has arrived in Italy on her first official overseas trip since her cancer treatment. Catherine is on a two-day solo working trip with the Royal Foundation Centre for Early Childhood, which she launched in 2021 to raise awareness of the importance of early childhood on later life outcomes. One of […]
# Krieket: Die snelbouler Darcie Brown is nie ingesluit in Australië se groep van 15 vir die Vroue-T20-Wêreldbekertoernooi in Engeland en Wallis nie. Keurders het die onervare Lucy Hamilton in haar plek gekies. Die veelsydige Sophie Molineux het ‘n fiksheidstoets geslaag en sal die span aanvoer. Die ervare Ellyse Perry en Beth Mooney is ook […]
# Die minister van Gesondheid, Aaron Motsoaledi, sê geen gevaar bestaan dat die hantavirus in Suid-Afrika sal uitbreek nie. Altesaam 97 mense in Suid-Afrika het moontlik kontak gehad met mense wat verbind word met die uitbreking op die Nederlandse passasierskip, MV Hondius, waaraan drie mense dood is. Gesondheidsamptenare het die virus by ‘n Britse passasier […]
# President Donald Trump van Amerika sê hy het nie president Xi Jinping van China se hulp nodig om die oorlog met Iran te beëindig nie. Die leiers van die wêreld se twee grootste ekonomieë voer môre die eerste keer in meer as ses maande regstreekse gesprekke. Trump kom vanaand in Beijing aan – die […]
# Gholf: Die wêreld-nommer-een Scottie Scheffler begin sy Amerikaanse PGA-kampioenskap in dieselfde groep as die Engelse spelers, Matt Fitzpatrick en Justin Rose. Die verdedigende kampioen van Amerika gaan probeer om ʼn vyfde major-toernooi te wen. Die wêreld-nommer-twee, Rory McIlroy wat agtereenvolgende oorwinnings wil behaal, is in die eerste twee rondtes saam met die Spanjaard Jon […]