# Die Pentagon sê Amerika se oorlog teen Iran kos tot dusver 479-miljard-rand, wat hoër is as die syfer van 413-miljard-rand wat verlede maand aan die Kongres bekendgemaak is. Die Pentagon-tesourier, Jules Hurst, het aan die Huiskomitee vir Gewapende Dienste gesê die verhoging sluit die bygewerkte vervanging van toerusting, herstel- en bedryfskoste in. Hy sê […]
# Sokker: Orlando Pirates kan die Premiersokkerliga feitlik inpalm indien hulle Saterdag hul tuiswedstryd teen Durban City wen. Dit volg nadat die agtmalige kampioen Mamelodi Sundowns gisteraand in die Mamelodi-stadion in ‘n skoknederlaag van 3-2 die knie voor TS Galaxy moes buig. Masandawana eindig die seisoen met 68 punte in 30 kragmetings, terwyl Pirates op 65 […]
# Die EFF sê die huidige werkloosheidsyfer bevestig dat Suid-Afrika dieper sink in armoede, honger, hopeloosheid en ekonomiese verval. Die jongste kwartaallikse arbeidsmagpeiling toon dat die land in 2026 se eerste kwartaal 345-duisend werksgeleenthede verloor het wat die amptelike werkloosheidsyfer tot 32,7-persent laat klim. Volgens die EFF is die oplossing radikale herstrukturering van die ekonomie […]
# Kaapstad se Ramp-risikobestuur sê assesserings toon die afgelope dae se stormweer het 83-duisend-184 mense in 21-duisend-546 woonplekke geraak. Sedert Maandag het swaar reën, donderstorms, skadelike wind en sneeu in ses provinsies voorgekom en minstens tien lewens geëis. ʼn Woordvoerder van Ramp-risikobestuur, Charlotte Powell, sê hulle verleen hulp in gebiede soos Vygieskraal, Overcome Heights, Khayelitsha […]
# Tennis: Die wêreld-nommer-een, Jannik Sinner, het sy 31ste agtereenvolgende Meesters-een-duisend-oorwinning behaal om die Italiaanse Ope se kwarteindronde te bereik en daarmee Novak Djokovic se rekord van agtereenvolgende seges geëwenaar. Die plaaslike speler het sy landgenoot Andrea Pellegrino geklop. Die Duitser Alexander Zverev het onverwags verloor teen nog ʼn Italianer, Luciano Darderi. In die vroueafdeling […]
# Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê daar is tans geen teken van ʼn groter hantavirus-uitbreking nie. Die situasie kan egter verander weens die virus se lang ontkiemingstyd. Die WGO het tot dusver nege gevalle van die virus bevestig nadat mense die MV Hondius-passasierskip verlaat het. Drie mense wat op die skip was, is dood. Die WGO se […]
#ActionSA sê president Cyril Ramaphosa moet alle ministers in die regering van nasionale eenheid afdank wat verantwoordelik is vir ekonomiese beleid, na die jongste arbeidsmagopname van Statistieke Suid-Afrika. Die verslag vir Januarie tot Maart toon dat meer as 300-duisend werksgeleenthede verlore gegaan het, wat die uitgebreide werkloosheidsyfer tot 43,7-persent verhoog. Alan Beesley van die party […]
# Die vakbondfederasie Cosatu sê dringende optrede is nodig om die groeiende werkloosheidskrisis aan te spreek. Die jongste syfers van Statistieke Suid-Afrika vir Januarie tot Maart toon die uitgebreide werkloosheidsyfer het tot 43,7-persent gestyg, met ‘n verdere 300-duisend mense wat nie werk nie. Matthew Parks van Cosatu sê werkverliese is veral hoog in konstruksie en […]
# Die Nasionale Verbruikerskommissie verwelkom nuwe regulasies wat daarop gemik is om teisteroproepe hok te slaan en verbruikers teen ongewenste direkte bemarking te beskerm. Die bygewerkte reëls, wat deur die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau, gepubliseer is, stel ‘n uitsluitingsregisterstelsel bekend wat verbruikers in staat sal stel om bemarkingsoproepe van individuele maatskappye […]