# Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het vanmiddag ‘n geel vlak-twee-waarskuwing uitgereik vir strawwe donderstorms in dele van Gauteng, Limpopo en Mpumalanga. Die storms kan met swaar reënbuie, kitsvloede, ligte hael, hewige weerlig en sterk, rukwinde gepaard gaan. Hierdie toestande kan skade aan eiendom en infrastruktuur, oorstromings op paaie en in laagliggende gebiede meebring, en kan ook die ontwrigting van munisipale dienste veroorsaak.
Geel vlak-twee-waarskuwing vir hewige donderstorms in Gauteng, Limpopo en Mpumalanga