# Die Tegnologie-innoveringsagentskap het ‘n vennootskapsooreenkoms met die Botswana Digital and Innovation Hub onderteken om innovering en tegnologie-ontwikkeling regoor Suider-Afrika te versterk. Die ooreenkoms sluit planne in om ‘n gesamentlike Suid-Afrika-Botswana-innoveringsfonds te stig om navorsers, nuwe ondernemings en kleinondernemings te ondersteun. Die twee organisasies sal ook saamwerk aan projekte op gebiede soos digitale tegnologie, skoon […]
# Die Nasionale Wetenskap- en Tegnologieforum het erkenning gegee aan die walviseenheid van die Soogdiernavorsingsinstituut aan die Universiteit van Pretoria vir sy bydrae tot marienebewaring. Die eenheid het die 2025 NSTF-South32-navorsingstoekenning ontvang op Wêreldnatuurbewaringsdag vir die ontwikkeling van Afrika se mees omvattende walvismoniteringsprogram. Die langtermynnavorsing volg walvisbevolkings en die impak van klimaatsverandering, wat help om […]
# Die EFF het ‘n direkte appèl by die Konstitusionele Hof ingedien teen president Cyril Ramaphosa se hofbevel wat die Parlement se Phala Phala-ampsklagverhore onderbreek het. Die EFF, wat die African Transformation Movement se aansoek ondersteun, voer aan die Hooggeregshof se uitspraak in die Wes-Kaap het die Parlement se toesighoudende rol verswak en kan toekomstige […]
# Rugby: Die ervare nommer agt, Aseza Hele, is terug in die Springbok-vroue se groep vir volgende maand se toer na Fidji. Sy het Meimaand se Afrikabekertoernooi en hierdie maand se twee toetse teen Amerika misgeloop na ‘n hand-operasie, en sal die eerste keer vir Suid-Afrika speel sedert haar briljante vertoning in verlede jaar se […]
# Die DA sê onverskilligheid is die grootste bedreiging vir omgewingsbeskerming en vra vir sterker optrede om biodiversiteit te beskerm. Dave Bryant van die party sê die Wes-Kaap het sy beskermde gebiede met meer as 81-duisend hektaar uitgebrei met 25 nuwe natuurreservate oor die afgelope jaar. Bryant sê samewerking tussen die regering, grondeienaars en gemeenskappe […]
# Die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, het die publiek verseker daar is geen tekort aan toetsstelle vir bewyse van verkragting vir volwassenes of kinders nie. Volgens Cachalia is die stelle landwyd beskikbaar, en meer word versprei om fasiliteite volledig te voorsien. Die woordvoerder van die Polisieministerie, Kamogelo Mogotsi, sê die stelle is noodsaaklik […]
# Die sekretaris-generaal van die ANC, Fikile Mbalula sê die party se hoogste prioriteit is om die stygende lewenskoste aan te pak. Mbalula het die regering versoek om brandstofheffingverligting te oorweeg om vervoer- en voedselkoste te verminder, aangesien wêreldwye konflikte olie- en kunsmispryse laat styg. Hy het die regering ook aangespoor om voor te berei […]
# Sokker: Frankryk se pas-aanstelde nuwe hoofafrigter, Zinedine Zidane, sê hy is oorstelp nadat hy ‘n jarelange droom kon verwesenlik. Hy volg Didier Deschamps op, wat na die Wêreldbekertoernooi na 14 jaar vertrek het. Die 54-jarige Zidane het tussen 1994 en 2006 108 wedstryde vir Frankryk gespeel en word beskou as die land se beste […]
# Die geskorste uitvoerende hoof van die Openbare Beleggingskorporasie, Patrick Dlamini, het ‘n dringende aansoek by die Hooggeregshof in Pretoria ingedien om sy voorsorgskorsing te betwis. Dlamini voer aan die OBK-raad het onwettig opgetree deur hom te skors sonder om die besluit behoorlik te oorweeg, en hy het van sy skorsing deur mediaberigte te hore […]