# Statistiek Suid-Afrika sê die aantal maatskappylikwidasies het effens afgeneem in Junie. Die totale aantal likwidasies het met 0,4-persent op ‘n jaargrondslag gedaal, van 246 tot 245 gevalle. Maatskappy-likwidasies het afgeneem, terwyl likwidasies van beslote korporasies toegeneem het. Onica Mushwana van Statistiek SA sê likwidasies was 1,4-persent laer tussen April en Junie en het met […]
# AfriForum sê die voorgestelde Gaswetsontwerp kan beleggings ontmoedig deur die Ministerie van Elektrisiteit en Energie en die energiereguleerder, Nersa, breër magte oor gaspryse, lisensiëring en infrastruktuur te gee. Die organisasie voer aan verskeie bepalings kan staatsbeheer verhoog, mededinging verminder en onsekerheid vir beleggers skep. Lambert de Klerk van AfriForum doen ‘n beroep op veranderinge […]
# Die Ministerie van Vervoer het die kabinet se goedkeuring verwelkom om die geldigheid van rybewyse vir ligte motorvoertuie van vyf tot tien jaar te verleng. Die verandering is van toepassing op ligte voertuig- en motorfietslisensies, terwyl swaarvoertuiglisensies en professionele bestuurspermitte hul huidige hernuwingstydperke sal behou. Die woordvoerder van die Ministerie, Collen Msibi sê die […]
# Die beleërde radioloog en televisie-dokter Pieter Henning is dood in ‘n botsing in Potchefstroom in Noordwes. News24 berig Henning se voertuig het gisteraand ‘n lamppaal en verskeie bome getref. Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek. Die medestigter van Keystone Radiology was die onderwerp van ‘n voortgesette ondersoek deur die Raad vir Gesondheidsberoepe van […]
# Die EFF sê sy 2026 plaaslike regeringsverkiesingsmanifes bied ‘n nuwe visie vir munisipaliteite wat fokus op die verbetering van dienslewering, die skep van werkgeleenthede en die bekamping van korrupsie. Die party het belowe om betroubare water en elektrisiteit te prioritiseer, sleutel- munisipale dienste te bekom, plaaslike ondernemings deur middel van verkryging te ondersteun, behuising […]
# Beskuldigde nommer een in die Vusimuzi “Cat” Matlala-verhoor, Musa Kekana, beweer die polisie het hom gemartel ná sy inhegtenisneming in April 2024. Kekana het in die Hooggeregshof in Johannesburg beweer hy is aangerand tot hy bloed gehoes het. Sy regsverteenwoordiger, Riaan Gissing, wil hê getuienis en verklarings wat ná sy inhegtenisneming verkry is, moenie […]
# Die DA sê die Parlement moet president Cyril Ramaphosa se waterkrisisplan noukeurig ondersoek en die Presidensie aanspreeklik hou vir die implementering daarvan. Stephen Moore van die party sê die plan het nie duidelike doelwitte, sperdatums en befondsing nie, en vra vir gereelde vorderingsverslae. Moore sê dringende optrede is nodig om te verseker dat munisipaliteite […]
# Die jongste halfjaar-bevolkingsberaming dui aan Suid-Afrika se bevolking het tot byna 63,5-miljoen gegroei, ondanks ‘n afname in vrugbaarheidsyfers. Diego Iturralde van Statistiek Suid-Afrika sê die bevolking het op ‘n jaargrondslag met 1,2-persent gegroei, terwyl vroue ongeveer 51-persent van die bevolking uitmaak. Hy sê die gemiddelde aantal kinders per vrou het tot twee gedaal, maar […]
# Die Amerikaanse Weermag sê hy het talle teikens van die Islamitiese Revolusionêre Magte in Iran getref, insluitend militêre bevelsentrums en hommeltuig-aanlegte. Dit volg nadat Teheran ballistiese missiele op Amerikaanse magte in die Midde-Ooste afgevuur het. Die Amerikaanse Sentrale Bevel sê die aanvalle was daarop gemik om Iran en sy bondgenote se bedreiging vir Amerikaanse […]