# Sokker: Bafana Bafana se voormalige afrigter, Hugo Broos, is trots daarop om die eerste nasionale spanafrigter in 32 jaar te wees wat sy volle kontrak voltooi. Hy sê dit weerspieël die span se sukses en die sterk verhoudings wat gebou is. Die Belg sê hy vertrek slegs omdat dit moeilik is sonder sy gesin. […]
# ‘n Senior ondersoeker van die Ondersoekdirektoraat teen Korrupsie, Mantsha Raphesu, het voor die Madlanga-kommissie getuig ondersoekers is toegang geweier tot die Artikel 27-verwysing wat die Parlementslid Fadiel Adams ingedien het. Hy sê tydens ‘n vorige ondersoek is alle tersaaklike dokumente beskikbaar gestel, maar ondersoekers het dié keer nie die verwysing ontvang nie. Raphesu sê […]
# Die wêreldbekende bergklimmer Nirmal Purja is een van tien klimmers wat vermis word na ‘n sneeustorting op een van die wêreld se hoogste bergspitse, Broad Peak in Pakistan. Die Nepalees het in 2019 bekendheid verwerf toe hy in net meer as ses maande die wêreld se 14 spitse van hoër as agt-duisend meter geklim […]
# Rugby: Die verdedigende kampioen, Griekwas, verwelkom vanaand die voorloper op die Curriebeker-punteleer, die Cheetahs, in Kimberley aan die begin van die derde ronde. Môre speel die Stormers teen die Haaie in ‘n kus-derby in Kaapstad, gevolg deur die Jukskei-derby tussen die Leeus en die Bulle in Johannesburg. Sondag pak Boland en die Pumas mekaar […]
# Die leier van die EFF, Julius Malema sê president Cyril Ramaphosa moet nie anders behandel word as enige ander burger nie en die Phala Phala-verantwoordingsproses moet voortgaan. Malema het aan die media gesê die uitspraak van die Hooggeregshof in die Wes-Kaap wat die Parlement se artikel 89-ampsklagondersoek gestaak het, skep ‘n gevaarlike regspresedent deur […]
# Die leier van die EFF, Julius Malema het sy vergelyking van die voormalige hoof van die Ondersoekdirektoraat Teen Korrupsie, Andrea Johnson, met die oorlede ANC-ringkop Winnie Madikizela-Mandela verdedig. Malema sê sy kommentaar het slegs verwys na Johnson se verskyning voor die Parlement se ad hoc-komitee en nie haar getuienis voor die Madlanga-kommissie nie. Hy […]
# Die Motorbedryf-personeelvereniging sê motoriste moet die Administratiewe Beregting van Padverkeersoortredingstelsel ernstig opneem en waarsku verkeersboetes kan nie meer geïgnoreer kan word nie. Die vakbond sê motoriste wat versuim om te op te tree, loop die risiko van strafpunte, lisensie-opskorting of kansellasie. Phakamile Hlubi-Majola het motoriste aangeraai om oortredingskennisgewings te monitor, versigtig te wees vir […]
# Die Organisasie teen Belastingmisbruik het die Kabinet se goedkeuring van die tienjaar-rybewyskaarte vir ligte motorvoertuie verwelkom. Die organisasie sê die verandering sal motoriste tyd en geld bespaar en druk op die lisensiehernuwingstelsel verminder. Die uitvoerende hoof van OUTA, Wayne Duvenage, sê die nuwe tienjaar-geldigheidstydperk is nog nie in werking nie, en motoriste moet voortgaan […]
# Statistiek Suid-Afrika sê die aantal maatskappylikwidasies het effens afgeneem in Junie. Die totale aantal likwidasies het met 0,4-persent op ‘n jaargrondslag gedaal, van 246 tot 245 gevalle. Maatskappy-likwidasies het afgeneem, terwyl likwidasies van beslote korporasies toegeneem het. Onica Mushwana van Statistiek SA sê likwidasies was 1,4-persent laer tussen April en Junie en het met […]