# ActionSA het die stadsbestuurder van eThekwini, Musa Mbhele, by die Nasionale Vervolgingsgesag aangegee oor beweerde korrupsie wat verband hou met die Phoenix-behuisingsprojek. Dit volg nadat die Spesiale Ondersoekeenheid bewyse van korrupsie gevind het en aanbeveel het verskeie maatskappye en individue moet op die swartlys geplaas word. Alan Beesley van ActionSA sê sommige van die […]
# Bontebok Nasionale Park in die Wes-Kaap het weer vir die publiek oopgemaak nadat dit in Mei deur verwoestende vloede beskadig is. Die vloede het chalets, die piekniekterrein en die hooftoegangspad beskadig, met herstelwerk wat na verwagting sowat 12-miljoen-rand sal kos. Herstelwerk aan die oorblywende fasiliteite en roetes is steeds aan die gang. Die minister […]
# Die DA in Limpopo doen ‘n beroep op dringende herstelwerk aan die gevaarlike D447-pad tussen Kgapane en Tzaneen. Die party sê ‘n rehabilitasieprojek van 19-miljoen-rand moes teen Augustus verlede jaar voltooi gewees het, maar die pad is steeds in ‘n swak toestand. Marie Helm van die DA sê dele van die pad stort ineen […]
#Die VF Plus sê Ekurhuleni se jongste burgemeestersverslag toon ernstige finansiële en diensleweringsdruk. Denise Janse van Rensburg van die party sê dit toon van die 231 beloftes wat in die vierde kwartaal van 2025/26 gemaak is, is slegs 58, of nagenoeg 25-persent, voltooi, 35 is aan die gang en 138 is steeds uitstaande. Die verslag […]
# Die Zambiese president Hakainde Hichilema is vir ‘n tweede vyfjaartermyn ingesweer tydens ‘n seremonie wat deur duisende by die Heldestadion in Lusaka bygewoon is. Hichilema is dieleier van die Verenigde Party vir Nasionale Ontwikkeling en het 60,49-persent van die stemme verower in die presidensiële verkiesing op 13 Augustus teen die hoofopposisieleier Brian Mundubile. Hy […]
# Stad Tshwane gaan voort met planne om sy eie Hooggeregshof-skikkingsooreenkoms met Kleinfontein te betwis, al het die Afrikaner-only township sy finansiële en administratiewe verpligtinge ingevolge die ooreenkoms nagekom. Kleinfontein Aandeleblok, die onderneming wat die skikking bestuur, het gister sy uitstaande agterstallige skuld betaal en ‘n omvattende aansoek ingedien om die grond te ontwikkel, wat […]
# Die pas-aangestelde Bafana Bafana-afrigter, Pitso Mosimane, het die verantwoordelikheid aanvaar om Suid-Afrika se nasionale span met trots, vasberadenheid en nederigheid te lei. Mosimane sê sy terugkeer 14 jaar na sy eerste termyn as afrigter is ‘n spesiale oomblik in sy loopbaan. Mosimane erken die afrigting van Bafana is ‘n grootse taak, gegewe die belangrikheid […]
# Die minister van Kommunikasie en Digitale Tegnologie, Solly Malatsi, sê ‘n hersiene konsepbeleid oor kunsmatige intelligensie sal teen die einde van die boekjaar gefinaliseer word en later vir openbare kommentaar vrygestel word. Die beleid probeer om digitale innovering te bevorder terwyl etiese kwessies en KI-verwante risiko’s aangespreek word. Die eerste konsep is teruggetrek nadat […]
# Die Vergelegen-wynlandgoed in Somerset-Wes het hierdie seisoen 137 Nguni-kalwers verwelkom, met ‘n verdere agt wat nog verwag word. Die kudde bestaan nou uit meer as 450 diere. Die nuwe aanwinste sluit suiwer Nguni’s en Nguni/Angus-kruisings in. Die kruisings toon indrukwekkende groei danksy hul Angus-afkoms. Vergelegen het Angus-beeste in 2024 by sy teelprogram ingesluit om […]