# ActionSA het die stadsbestuurder van eThekwini, Musa Mbhele, by die Nasionale Vervolgingsgesag aangegee oor beweerde korrupsie wat verband hou met die Phoenix-behuisingsprojek. Dit volg nadat die Spesiale Ondersoekeenheid bewyse van korrupsie gevind het en aanbeveel het verskeie maatskappye en individue moet op die swartlys geplaas word. Alan Beesley van ActionSA sê sommige van die maatskappye word steeds deur die munisipaliteit gebruik ten spyte van die bevindinge. Beesley het ook kommer uitgespreek oor Mbhele se beweerde versuim om op grond van die bevindinge op te tree:
ActionSA verwys eThekwini-stadsbestuurder na NVG oor Phoenix-behuisingsprojek [KLANK]
ENG BeesleyOnCriminalComplaint