# En ten slotte — die robotte kry spoed! ‘n Chinese mensagtige robot het Usain Bolt se 100-meter wêreldrekord verbeter met ‘n tyd van 9.39 sekondes by ‘n byeenkoms vir robotte in Beijing. Dis byna twee-tiendes van ‘n sekonde vinniger as Bolt se rekord, wat in 2009 opgestel is. Nog ‘n robot het ook die […]
# Die president van die Inkatha Vryheidsparty, Velenkosini Hlabisa, sê die terugkeer van ongeveer 200 voormalige lede van die National Freedom Party in Durban, KwaZulu-Natal, beklemtoon die groeiende steun vir sy party voor die plaaslike verkiesing. Die lede, waaronder bekende leiers soos die party se nasionale voorsitter Sibusiso Mkhabela, die sekretaris-generaal Teddy Twala en partyraadslede, […]
# Vyf werknemers van die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit is in hegtenis geneem vir die beweerde bedryf van ‘n onwettige elektrisiteitsheraansluitingskema in Vanderbijlpark. Die polisie sê die verdagtes, van die Inkomste- en Elektriese Departemente, het na bewering kliënte geteiken wie se elektrisiteit afgesny was en kontantbetalings in hul persoonlike bankrekenings geëis. Die krag is toe na […]
# EFF-president Julius Malema sê ‘n EFF-geleide regering sal werklose burgers en Sassa-begunstigdes gratis basiese dienste bied. Malema het die party se Grondmagteforum in uMsunduzi, KwaZulu-Natal, toegespreek. Hy sê werkloosheid is buite beheer en die regering versuim om in mense se basiese behoeftes te voorsien. Hy sê Sassa-begunstigdes moet outomaties kwalifiseer vir ondersteuning, ook vir […]
# Die leier van Build One South Africa, Mmusi Maimane, het in die aanloop tot die plaaslike regeringsverkiesing Martha Moshiga as die party se burgemeesterskandidaat vir die Stad Tshwane aangewys. Moshiga is BOSA se streekleier vir Tshwane. Sy sê haar topprioriteit is doeltreffende dienslewering, en etiese en verantwoordbare leierskap om vertroue in die hoofstad te […]
# Botswana se president, Duma Boko, het oproepe vir groter samewerking en oop handelskorridors regoor die SAOG-streek herhaal teneinde streekshandel te bevorder. In ‘n onderhoud met die SABC sê Boko lande moet wegbeweeg van afsondering en eerder op hul gesamentlik voordele voortbou. Hy het beklemtoon dat die uitbreiding van streeksverbindings noodsaaklik is om intra-Afrika-handel te […]
# Motorsport: Lando Norris begin vandag voor in die Nederlandse Grand Prix by Zandvoort, nadat hy die Mercedes-jaers George Russell en kampioenskapvoorloper Kimi Antonelli in die kwalifiseringsronde geklop het. Norris was net meer as ‘n tiende van ‘n sekonde vinniger as Russell, met Antonelli derde. Oscar Piastri begin vierde met Lewis Hamilton en Charles Leclerc […]