# Motorsport: Lando Norris begin vandag voor in die Nederlandse Grand Prix by Zandvoort, nadat hy die Mercedes-jaers George Russell en kampioenskapvoorloper Kimi Antonelli in die kwalifiseringsronde geklop het. Norris was net meer as ‘n tiende van ‘n sekonde vinniger as Russell, met Antonelli derde. Oscar Piastri begin vierde met Lewis Hamilton en Charles Leclerc agter hom. Max Verstappen begin sy tuiswedren in die sewende plek. Norris se voorste wegspringplek volg nadat Russell gister se snelren oorheers en van voor af gewen het. Charles Leclerc het tweede geëindig, Norris derde en Antonelli vierde.
Motorsport: Lando Norris spring voor weg by Zandvoort, Russell wen snelren