# Vyf werknemers van die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit is in hegtenis geneem vir die beweerde bedryf van ‘n onwettige elektrisiteitsheraansluitingskema in Vanderbijlpark. Die polisie sê die verdagtes, van die Inkomste- en Elektriese Departemente, het na bewering kliënte geteiken wie se elektrisiteit afgesny was en kontantbetalings in hul persoonlike bankrekenings geëis. Die krag is toe na bewering heraangesluit maar sonder munisipale goedkeuring. Die arrestasies volg na ‘n geteikende operasie deur die Gautengse taakspan vir politieke moorde. Die vyf verskyn môre in die hof.
Vyf Emfuleni-amptenare gearresteer oor beweerde elektrisiteitsheraansluitingsfoefie