Nuus 11:00
BULLETIN 23 Augustus 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die ANC gaan 42 moontlike burgemeesterskandidate vir agt metro’s aankondig
# Botswana vra sterker SAOG-handelskorridors
# En motorsport: Lando Norris spring voor weg by Zandvoort, nadat Russell snelren wen
# Die ANC het 42 moontlike burgemeesterskandidate vir Suid-Afrika se agt metropolitaanse munisipaliteite aangewys, in plaas van een kandidaat per metro. Die aankondiging volg na maande se vertragings in die aanloop tot die plaaslike regeringsverkiesing op 4 November. Die party het sy keuringsproses verbreed, met kandidate wat gekeur en ondervra is. ANC-nasionale amptenare sal waarskynlik die finale keuses in September maak. Intussen sal ANC-president Cyril Ramaphosa vandag die party se verkiesingsmanifes voorlê met ‘n fokus op munisipale bestuur en dienslewering.
# ActionSA het sy provinsiale voorsitter in Limpopo, Victor Mothemela, as die party se burgemeesterskandidaat vir Polokwane in die plaaslike regeringsverkiesings op 4 November bekendgemaak. Die aankondiging is deur provinsiale sekretaris Shobane Mafona tydens ‘n nuuskonferensie in Polokwane gedoen. Mothemela vervang Thapelo Molepo, wat vroeër vandeesweek onttrek is. Mafona sê die besluit is deur die party se nasionale leierskap geneem, wat glo Polokwane het ‘n sterk kandidaat nodig wat in staat is om diensleweringsuitdagings aan te spreek en die party se agenda te bevorder.
# Die Gautengse Gesondheidsdepartement sê die provinsialisering van Noodmediese Dienste in vyf munisipaliteite is nodig ingevolge die Nasionale Gesondheidswet, om ambulansdienste in lyn te bring met ‘n enkel-owerheid-model. Die departement sê hy monitor reaksietye terwyl koördinering, personeel- en versendingstelsels versterk word. Intussen sê die departement se woordvoerder, Steve Mabona, die Stad Johannesburg se hersiene aansoek vir ‘n EMS-bedryfslisensie wat ses stasies dek, word verwerk:
# Botswana se president, Duma Boko, het oproepe vir groter samewerking en oop handelskorridors regoor die SAOG-streek herhaal teneinde streekshandel te bevorder. In ‘n onderhoud met die SABC sê Boko lande moet wegbeweeg van afsondering en eerder op hul gesamentlik voordele voortbou. Hy het beklemtoon dat die uitbreiding van streeksverbindings noodsaaklik is om intra-Afrika-handel te verhoog en die voordele van die Afrika-kontinentale vryhandelsgebied te benut:
En nou sportnuus:
# Sokker: Orlando Pirates is ‘n bietjie nader aan ‘n vyfde agtereenvolgende MTN8-eindstryd nadat hulle Sekhukhune United gister met 1-0 in die halfeindronde se eerste been by die Ou Peter Mokaba-stadion in Polokwane geklop het. Deon Hotto het die beslissende doel kort voor rustyd aangeteken, en daarmee ‘n waardevolle weg-oorwinning vir die verdedigende kampioen verseker. Pirates was nie op hul beste nie, maar kon hul voorsprong na rustyd verdedig en het hul onoorwonne status in die kompetisie gehandhaaf. Die spanne ontmoet mekaar volgende Saterdag in die tweede been in Orlando.
# En motorsport: Lando Norris begin vandag voor in die Nederlandse Grand Prix by Zandvoort, na hy die Mercedes-jaers George Russell en kampioenskapvoorloper Kimi Antonelli in die kwalifiseringsronde geklop het. Norris was net meer as ‘n tiende van ‘n sekonde vinniger as Russell, met Antonelli derde. Oscar Piastri begin vierde met Lewis Hamilton en Charles Leclerc agter hom. Max Verstappen begin sy tuiswedren in die sewende plek. Norris se voorste wegspringplek volg nadat Russell gister se snelren oorheers en van voor af gewen het. Charles Leclerc het tweede geëindig, Norris derde en Antonelli vierde.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….