# Motorsport: McLaren-renjaer Lando Norris het die Nederlandse Grand Prix gewen. Die Brit het voor die Mercedes-paar, Kimi Antonelli en George Russell, oor die wenstreep gejaag. Lewis Hamilton en Charles Leclerc van Ferrari is onderskeidelik vierde en vyfde. Die tuisskare se gunsteling, Max Verstappen van Red Bull, is uit na slegs een ronde. Die uitslag […]
# President Masoud Pezeshkian van Iran beskryf die memorandum van verstandhouding wat middel-Junie met Amerika onderteken is, as die beste manier om weg te beweeg van ʼn situasie van “nie oorlog of vrede” nie. Die memorandum het ʼn tydperk van 60 dae begin vir onderhandeling om die oorlog te beëindig en ʼn ooreenkoms oor Teheran […]
# Rugby: Die Cheetahs het net soos Griekwas ‘n Curriebeker-tuishalfeindstryd verseker danksy ‘n moeilike oorwinning van 33-24 oor ‘n swak-gedissiplineerde Boland Kavaliers in Bloemfontein. Die besoekers was rustyd 10-7 voor, maar het binne tien minute vier geelkaarte ontvang. Michael Annie het twee van die Cheetahs se vyf drieë gedruk om die oorwinning te verseker. Die […]
# Die ANC-president Cyril Ramaphosa sê die party aanvaar verantwoordelikheid vir beide die vordering wat hy gemaak het en sy regeringstekortkominge. Hy het gister die party se manifes vir die plaaslikeregeringsverkiesing in November in Johannesburg bekendgestel. Ramaphosa sê die ANC sal nie vlug voor die uitdagings wat munisipaliteite in die gesig staar nie, insluitend onbetroubare […]
# Die president van die ANC, Cyril Ramaphosa, sê die party se manifes sit ses sleutelaksies uiteen wat daarop gemik is om plaaslike regering reg te stel, basiese dienste te verbeter en munisipaliteite te bou wat vir die mense werk. Hy het gister die ANC se 2026-verkiesingsmanifes vir plaaslike regering by Riversidepark in Diepsloot, noord […]
# Die Politieke ontleder, professor Levy Ndou, sê die ANC benodig bekwame burgemeesters- en uitvoerende kandidate wat dienste kan lewer, openbare vertroue herstel en koalisies bestuur. Die ANC gaan in September verskeie burgemeesterskandidate aankondig. Ndou sê die besluit om die aankondiging van sy burgemeesterskandidate uit te stel, kan dui op onopgeloste interne prosesse en kommer […]
# Die burgemeester van Johannesburg, Dada Morero, sê die stad is op ‘n meer volhoubare finansiële pad nadat sy agterstallige elektrisiteitskuld van 5,25-miljard-rand aan Eskom vereffen is. Die finale betaling het ‘n uitgerekte faktuurgeskil beëindig en die onmiddellike gevaar van elektrisiteitsonderbrekings verwyder. In ‘n onderhoud met die SABC in Diepsloot sê Morero die skikking demonstreer […]
# En laastens, as jy gedink het die Olimpiese Spele het ongewone oomblikke, welkom by die Wêreldspele vir Mensagtige Robotte in Beijing. Meer as tweeduisend robotte uit 16 lande neem deel aan 51 items, wat wissel van atletiek en sokker tot dans en praktiese take. Die gepaardgaande Wêreldrobotkonferensie verteenwoordig meer as 300 maatskappye en duisende […]
# Die Wes-Kaapse LUR vir Onderwys, Jaco Londt, het die provinsie se 71-duisend-289 voltydse matriekkandidate sterkte toegewens met die begin van die proefeksamens die week. Londt sê die eksamens bied leerders die geleentheid om hul vordering te evalueer en areas te identifiseer wat meer aandag benodig voor die finale Nasionale Senior Sertifikaat-eksamens. Hy het leerders […]