Skip to content

Rugby: Cheetahs klop Boland om tuishalfeindstryd in Curriebeker te bespreek

# Rugby: Die Cheetahs het net soos Griekwas ‘n Curriebeker-tuishalfeindstryd verseker danksy ‘n moeilike oorwinning van 33-24 oor ‘n swak-gedissiplineerde Boland Kavaliers in Bloemfontein. Die besoekers was rustyd 10-7 voor, maar het binne tien minute vier geelkaarte ontvang. Michael Annie het twee van die Cheetahs se vyf drieë gedruk om die oorwinning te verseker. Die Griekwas is bo-aan die punteleer met 26 punte, gelyk met die Cheetahs, maar voor op punteverskil. Volgende naweek se laaste groepsronde sal bepaal wie bo-aan eindig.