# Die minister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Mmamoloko Kubayi, sê ʼn vennootskap tussen die regering en die geloofsgemeenskap is belangrik om maatskaplike probleme te hanteer en sterker, veiliger gemeenskappe te bou. Sy het gister die hoofrede gelewer by die St Paul African Apostolic Church se jaarlikse fees in Moletsane, Soweto, Johannesburg. Kubayi, wat ook […]
# Tennis: Arthur Fils van Frankryk het die grootste titel van sy loopbaan in die Cincinnati-ope opgeraap. Die 21ste-gekeurde het die Amerikaner Frances Tiafoe verslaan vir sy eerste ATP Meesters-een-duisend-kroon en daarmee tien plekke opgeskuif tot elfde op die wêreldranglys – die beste van sy loopbaan. In die vroueafdeling het die Amerikaner Coco Gauff met […]
Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 24 Augustus 2026: NASIONAAL: # Business Day: Berig oor die ANC se verkiesingsmanifes wat die naweek in Johannesburg bekendgestel is. Die koerant skryf die party het ses punte uitgespel wat onder meer werkskepping, verantwoordbare finansiële bestuur en gemeenskapsdeelname insluit. # En die Netwerk24-webblad: Berig die ANC ondervind […]
# ʼn Berg vullis by ʼn stortingsterrein in Conakry, Guinee, het ineengestort en 30 lewens, waaronder vyf kinders, geëis. Minstens 22 ander is beseer. Reddingspanne soek steeds na oorlewendes onder die puin. Volgens berigte het die voorval plaasgevind minder as ʼn week nadat die regering planne aangekondig het om die terrein te sluit en die […]
# President Cyril Ramaphosa het die minister van Kleinsake-ontwikkeling, Stella Ndabeni-Abrahams, as waarnemende minister van Gesondheid aangestel in die plek van Aaron Motsoaledi. Minister Motsoaledi is steeds met siekteverlof. Die Presidensie sê Ndabeni-Abrahams sal van vandag af tot 30 September al die minister van Gesondheid se funksies oorneem. Hy sê Ramaphosa doen die aanstelling volgens […]
# Die minister van Openbare Werke en Infrastruktuur, Dean Macpherson, sê munisipale infrastruktuur is noodsaaklik vir dienslewering en ekonomiese groei. Hy het in Kaapstad by die simposium vir volhoubare infrastruktuurontwikkeling in Suid-Afrika gepraat. Die geleentheid wat tans plaasvind, bring uiteenlopende rolspelers byeen. Dit sluit in beleggers, finansiële instellings, beleidmakers, meningsvormers en ander belangrike vennote wat […]
# Motorsport: McLaren-renjaer Lando Norris het die Nederlandse Grand Prix gewen. Die Brit het voor die Mercedes-paar, Kimi Antonelli en George Russell, oor die wenstreep gejaag. Lewis Hamilton en Charles Leclerc van Ferrari is onderskeidelik vierde en vyfde. Die tuisskare se gunsteling, Max Verstappen van Red Bull, is uit na slegs een ronde. Die uitslag […]