Skip to content

Ramaphosa stel Ndabeni-Abrahams as waarnemende Gesondheidsminister aan terwyl Motsoaledi met siekteverlof is

# President Cyril Ramaphosa het die minister van Kleinsake-ontwikkeling, Stella Ndabeni-Abrahams, as waarnemende minister van Gesondheid aangestel in die plek van Aaron Motsoaledi. Minister Motsoaledi is steeds met siekteverlof. Die Presidensie sê Ndabeni-Abrahams sal van vandag af tot 30 September al die minister van Gesondheid se funksies oorneem. Hy sê Ramaphosa doen die aanstelling volgens Artikel 98 van die Grondwet.