Skip to content

Iranse president verdedig memorandum van verstandhouding wat hy met Amerika onderteken het

# President Masoud Pezeshkian van Iran beskryf die memorandum van verstandhouding wat middel-Junie met Amerika onderteken is, as die beste manier om weg te beweeg van ʼn situasie van “nie oorlog of vrede” nie. Die memorandum het ʼn tydperk van 60 dae begin vir onderhandeling om die oorlog te beëindig en ʼn ooreenkoms oor Teheran se kernprogram te bereik. Die lande kon egter nie tot ʼn vergelyk kom nie. Pezeshkian erken sy land staar ernstige ekonomiese probleme in die gesig weens toenemende Amerikaanse sanksies, en kan nie vir ewig met die oorlog voortgaan nie.