Skip to content

Ontleder sê ANC benodig bekwame burgemeesterskandidate om openbare vertroue te herstel

# Die Politieke ontleder, professor Levy Ndou, sê die ANC benodig bekwame burgemeesters- en uitvoerende kandidate wat dienste kan lewer, openbare vertroue herstel en koalisies bestuur. Die ANC gaan in September verskeie burgemeesterskandidate aankondig. Ndou sê die besluit om die aankondiging van sy burgemeesterskandidate uit te stel, kan dui op onopgeloste interne prosesse en kommer oor partyeenheid. Ndou sê die party staar ‘n moeilike stryd in sleutelmetro’s in die gesig te midde van mislukkings in dienslewering, finansiële druk en koalisie-onbestendigheid.