# Die burgemeester van Johannesburg, Dada Morero, sê die stad is op ‘n meer volhoubare finansiële pad nadat sy agterstallige elektrisiteitskuld van 5,25-miljard-rand aan Eskom vereffen is. Die finale betaling het ‘n uitgerekte faktuurgeskil beëindig en die onmiddellike gevaar van elektrisiteitsonderbrekings verwyder. In ‘n onderhoud met die SABC in Diepsloot sê Morero die skikking demonstreer die stad se verbintenis tot verantwoordelike finansiële bestuur, die vermindering van elektrisiteitsverliese en belegging in kritieke infrastruktuur:
Morero bevestig Johannesburg is op ‘n volhoubare finansiële pad [KLANK]
ENG-MoreroOnDebt2