# Die Madlanga-kommissie het Vusimuzi “Cat” Matlala se versoek geweier om sy getuienis tot môre te laat oorstaan. Hy het voorheen geweier om vrae te beantwoord oor die polisie se Medicare24-tender van 228-miljoen-rand. Sy regspan het probleme aangevoer om toegang tot hom te verkry in die Kgosi Mampuru-gevangenis. Advokaat Fatima Missi het die laat indiening […]
# Die kantoor van die hoofregter waarsku teen ‘n bedrieër wat hom voordoen as waarnemende regter-president Zamani Nhlangulela van die Oos-Kaapse afdeling. Die regbank sê hy is bewus van WhatsApp-boodskappe wat gestuur is met behulp van Nhlangulela se profielfoto en ‘n selfoonnommer wat in sy naam geregistreer is om mense te mislei. Die kantoor waarsku […]
# Pous Leo vra internasionale hulp om die uitwerking van ‘n Ebola-uitbreking in die Demokratiese Republiek die Kongo te beperk, wat tot dusver meer as twee-duisend-500 lewens geëis het. Amptenare van die Verenigde Nasies sê die uitbreking versprei vinnig oor ‘n groot gebied in die land. Die pous het op St Petrusplein aan pelgrims gesê […]
# Rugby: Springbok-afrigter Rassie Erasmus het geringe veranderings aan die span gemaak vir Saterdag se tweede toets teen die All Blacks in Kaapstad na hulle die eerste toets teen die aartsvyand op Ellispark 33-16 verloor het. Siya Kolisi sal terugkeer as hy fiks is, andersins behou Paul de Villiers die nommer-ses trui. Handré Pollard en […]
# Nieu-Seeland se eerste minister, Christopher Luxon, gaan ‘n nuwe wetsontwerp in die Parlement indien wat voorstel dat onder-16s verbied word op sosiale mediaplatforms. Wetsontwerpe moet drie stemrondes slaag voor dit bekragtig kan word. Australië het verlede jaar die eerste land geword om toegang tot sosiale media vir onder-16s te verbied. Luxon sê sosiale media […]
# Die Wes-Kaapse Departement van Beweeglikheid voer gesprekke met belanghebbendes nadat vier mans verlede week dood en twee gewond is in taxiverwante geweld in twee afsonderlike skietvoorvalle in Kaapstad. ‘n Informele handelaar is Saterdag doodgeskiet op die taxistaanplek in Dunoon. Die taxi-organisasie SANTACO in die Wes-Kaap sê die motief moet nog vasgestel word. Woordvoerder Muneera […]
# ‘n Lasbrief is uitgereik vir die TV-persoonlikheid Molemo “Jub Jub” Maarohanye se inhegtenisneming nadat hy nie vanoggend in die Germistonse Landdroshof in Gauteng verskyn het nie. Die kletsrymer en aanbieder van Uyajola 9/9 staan tereg op aanklagte van ontvoering, die aanranding van ‘n e-taxi-bestuurder en die afvuur van ‘n vuurwapen tydens ‘n geskil in […]