Skip to content

Publiek gewaarsku oor bedrieër wat homself as regter voordoen

# Die kantoor van die hoofregter waarsku teen ‘n bedrieër wat hom voordoen as waarnemende regter-president Zamani Nhlangulela van die Oos-Kaapse afdeling. Die regbank sê hy is bewus van WhatsApp-boodskappe wat gestuur is met behulp van Nhlangulela se profielfoto en ‘n selfoonnommer wat in sy naam geregistreer is om mense te mislei. Die kantoor waarsku dit kom neer op bedrog en die saak sal by die owerhede aangemeld word. Hy het die publiek versoek om bedag te wees.