Skip to content

Rugby: Geringe veranderings aan Bokspan vir tweede toets in Kaapstad

# Rugby: Springbok-afrigter Rassie Erasmus het geringe veranderings aan die span gemaak vir Saterdag se tweede toets teen die All Blacks in Kaapstad na hulle die eerste toets teen die aartsvyand op Ellispark 33-16 verloor het. Siya Kolisi sal terugkeer as hy fiks is, andersins behou Paul de Villiers die nommer-ses trui. Handré Pollard en Cobus Reinach begin as skakelpaar, met Sacha Feinberg-Mngomezulu op die bank. Ethan Hooker vervang die beseerde vleuel Cheslin Kolbe en Pieter-Steph du Toit is kaptein in sy 100ste toets.