Skip to content

Wes-Kaapse regering betrek bedryf nadat vier mans in taxigeweld sterf

# Die Wes-Kaapse Departement van Beweeglikheid voer gesprekke met belanghebbendes nadat vier mans verlede week dood en twee gewond is in taxiverwante geweld in twee afsonderlike skietvoorvalle in Kaapstad. ‘n Informele handelaar is Saterdag doodgeskiet op die taxistaanplek in Dunoon. Die taxi-organisasie SANTACO in die Wes-Kaap sê die motief moet nog vasgestel word. Woordvoerder Muneera Allie sê amptenare is diep bekommerd en bespreek maatreëls om bestendigheid te herstel terwyl die polisie die voorvalle ondersoek.