# Die DA sê brandstofpryse kan verlaag word deur die Padongelukkefonds te vervang en die heffing wat dit finansier, af te skaf. Chris Hunsinger van die party sê die Padongelukkefonds het uitstaande eise van sowat 450-miljard-rand, terwyl sy jaarlikse inkomste slegs 47-miljard-rand beloop. Hunsinger voeg by dat motoriste meer vir brandstof betaal om ‘n stelsel […]
# Rugby: Argentinië, Uruguay, Chili en Brasilië hoop om die Wêreldbekertoernooi in 2035 die eerste keer ooit na Suid-Amerika te neem. Hulle het ‘n gesamentlike bod ingedien en beplan om elf stadions in tien stede te gebruik – agt in Argentinië en een in elk van die ander drie lande. Spanje en Japan het ook […]
# Die vakbondfederasie SAFTU sê ‘n noodsubsidie vir paraffien is noodsaaklik om arm huishoudings teen die skerp styging in brandstofpryse te beskerm. Die federasie voer aan die verhoging van drie-rand-58-sent per liter sal verdere druk plaas op gesinne wat op lampolie staatmaak vir kookdoeleindes, verhitting en beligting. Asive Dyani van SAFTU het die jongste brandstofprysstygings […]
# Die menseregte-voorstandersgroep Section27 het ‘n uitspraak van die Hooggeregshof in Polokwane verwelkom wat 50 voormalige matriekleerders van die Baphutheng Senior Secondary School in Limpopo vrygespreek het van bewerings van eksamen-onreëlmatighede. Die leerders is van groepafskryf beskuldig nadat ooreenkomste gevind is in hul antwoorde vir die 2024-eksamens in Besigheidstudies en Ekonomie. Thato Gaffane van die […]
# Die Wes-Kaapse Departement van Infrastruktuur sê herstelwerk aan paaie oor ‘n afstand 60-kilometer naby Worcester is voltooi. Die projek van 262-miljoen-rand het herstelwerk aan die R60, R43 en Nuyvalleipad, asook aan paaie en brûe wat deur die vloede beskadig is, ingesluit. ‘n Gedeelte van twee-kilometer van die Nuyvalleipad is opgegradeer van gruis na ‘n […]
# Tennis: Novak Djokovic het sy 102de loopbaantitel verower na hy ‘n rekord sewende China Ope-titel in Beijing ingepalm het. Die 39-jarige Serwiër het Alex de Minaur van Australië met 7-6 in die eerste stel geklop voor sy teenstander weens ‘n besering onttrek het. Djokovic bly onoorwonne in Beijing, met 34 oorwinnings uit 34 wedstryde. […]
# ‘n Ondersoek is aan die gang nadat ses mense vanoggend in ‘n botsing reg van voor tussen ‘n polisievoertuig en ‘n burgerlike bakkie op die R524-Levubu-pad in Limpopo dood is. Onder die oorledenes is drie polisiebeamptes, twee verhoorafwagtende gevangenes en die bestuurder van die bakkie. ‘n Verdere gevangene is ernstig beseer en word onder […]
# Rhodes-universiteit sê gesprekke met sy studenteraad het beduidende vordering gemaak oor die 2027-protokol vir die betaling van studentegelde vir 2027. Die visekanselier Sizwe Mabizela het gesê daar is ná gister se samesprekings ooreenstemming oor sekere aspekte bereik en verskeie toegewings is gemaak. Mabizela het beklemtoon sinvolle gesprekvoering het gehelp om praktiese oplossings te identifiseer, […]