# Sokker: AfriForum se privaat vervolgingseenheid sê die skuldigbevinding van die voormalige Sekhukhune United-speler Mokete “Shaune” Mogaila aan strafbare manslag en versuim om hulp te verleen ná ‘n motorongeluk, is ‘n stap nader aan afsluiting vir die Mavimbela-gesin. Mogaila het in die Tembisa-landdroshof skuldig gepleit op aanklagte wat verband hou met die ongeluk in Oktober […]
# Die VF Plus vra president Cyril Ramaphosa om plaasmoorde te erken en te veroordeel nadat die 70-jarige Hannetjie van Zyl gisteraand naby Ottosdal in Noordwes vermoor is. Die party sê Van Zyl is by haar plaashek op die Doornpan-pad aangeval en is op pad hospitaal toe dood weens ‘n hou teen die kop. Die […]
# ‘n Nuwe studie deur die Universiteit van Kaapstad toon Suid-Afrikaners bestee ‘n verstommende 500-miljard-rand per jaar jaar aan vierings. Die navorsing toon sommige mense bestee tot een-miljoen-rand aan troues, terwyl grafsteenseremonies tot 140-duisend-rand kan kos. Die studie wys ook nege-duisend troues is landwyd binne ‘n tydperk van 32 dae gehou, met die meeste in […]
# Kenia se ministerie van Gesondheid het die land se eerste inkomende geval van Ebola bevestig. Die minister van Gesondheid, Aden Duale, sê ‘n Keniaanse burger wat al sewe jaar in die Demokratiese Republiek die Kongo woon, het Saterdag per pad na Kampala gereis voordat hy na Nairobi gevlieg het en is gisteraand oorlede. Hy […]
# Tennis: Die wêreld-nommer-drie, Carlos Alcaraz, is die nuwe Japannese Ope-kampioen. Hy het Jiri Lehecka van Tsjeggië in die eindstryd in die Ariake-coliseum in Tokio in 96 minute in skoonstelle verslaan en darrmee sy titel van verlede jaar suksesvol verdedig. Dit is die 23-jarige se eerste toernooi-trofee sedert Doha in Februarie vanjaar. Alcaraz is slegs […]
# President Cyril Ramaphosa se Ankole-beeste het rekordpryse behaal op ‘n veiling op sy Phala Phala-plaas in Limpopo. ‘n Dragtige driejarige vers, Queen Arusha, is vir ‘n rekordbedrag van 6,4-miljoen-rand verkoop, en het daarmee ‘n Suid-Afrikaanse rekordprys vir ‘n teelvers behaal. Twee eenhede saad van die bul Optimus Prime, wat aan Ramaphosa behoort, is ook […]
# Die Verkiesingskommissie sê ‘n oudit van die uitslagstelsel vir die plaaslike regeringsverkiesing is tans aan die gang. Die stelsel word gebruik om verkiesingsuitslae vas te lê en saam te stel, asook om setels aan politieke partye en kandidate toe te ken. Die OVK se woordvoerder, David Mandaha, sê kundiges op die gebied van inligtings- […]
# Die bemanning van ‘n vragskip word vermis nadat dit in die Swart See, voor die kus van die NAVO-lidland Bulgarye, ná ‘n hommeltuigaanval gesink het. Die Bulgaarse premier, Rumen Radev, sê twee vragskepe is ongeveer 112 kilometer van die kus af aangeval. Die bemanning van ‘n tweede skip wat graan vervoer het, is gered […]