# Tennis: Die wêreld-nommer-drie, Carlos Alcaraz, is die nuwe Japannese Ope-kampioen. Hy het Jiri Lehecka van Tsjeggië in die eindstryd in die Ariake-coliseum in Tokio in 96 minute in skoonstelle verslaan en darrmee sy titel van verlede jaar suksesvol verdedig. Dit is die 23-jarige se eerste toernooi-trofee sedert Doha in Februarie vanjaar. Alcaraz is slegs die derde man wat sy titel in Tokio suksesvol verdedig het, na Stefan Edberg van Swede wat vanaf 1988 tot 1991 gewen het, en die 1993 en 1994-kampioen, die Amerikaner Pete Sampras.
Tennis: Alcaraz verdedig sy Japannese Ope-titel teen Lehecka