# President Cyril Ramaphosa se Ankole-beeste het rekordpryse behaal op ‘n veiling op sy Phala Phala-plaas in Limpopo. ‘n Dragtige driejarige vers, Queen Arusha, is vir ‘n rekordbedrag van 6,4-miljoen-rand verkoop, en het daarmee ‘n Suid-Afrikaanse rekordprys vir ‘n teelvers behaal. Twee eenhede saad van die bul Optimus Prime, wat aan Ramaphosa behoort, is ook teen ‘n rekordprys van 250-duisend-rand elk verkoop. Die driejarige vers kom van Ramaphosa se Ntaba Nyoni-beesplaas, waar Ankole-beeste sedert 2004 geteel word.
Ramaphosa se Ankole vers behaal rekordprys van 6,4-miljoen-rand