# Kenia se ministerie van Gesondheid het die land se eerste inkomende geval van Ebola bevestig. Die minister van Gesondheid, Aden Duale, sê ‘n Keniaanse burger wat al sewe jaar in die Demokratiese Republiek die Kongo woon, het Saterdag per pad na Kampala gereis voordat hy na Nairobi gevlieg het en is gisteraand oorlede. Hy […]
# Tennis: Die wêreld-nommer-drie, Carlos Alcaraz, is die nuwe Japannese Ope-kampioen. Hy het Jiri Lehecka van Tsjeggië in die eindstryd in die Ariake-coliseum in Tokio in 96 minute in skoonstelle verslaan en darrmee sy titel van verlede jaar suksesvol verdedig. Dit is die 23-jarige se eerste toernooi-trofee sedert Doha in Februarie vanjaar. Alcaraz is slegs […]
# President Cyril Ramaphosa se Ankole-beeste het rekordpryse behaal op ‘n veiling op sy Phala Phala-plaas in Limpopo. ‘n Dragtige driejarige vers, Queen Arusha, is vir ‘n rekordbedrag van 6,4-miljoen-rand verkoop, en het daarmee ‘n Suid-Afrikaanse rekordprys vir ‘n teelvers behaal. Twee eenhede saad van die bul Optimus Prime, wat aan Ramaphosa behoort, is ook […]
# Die Verkiesingskommissie sê ‘n oudit van die uitslagstelsel vir die plaaslike regeringsverkiesing is tans aan die gang. Die stelsel word gebruik om verkiesingsuitslae vas te lê en saam te stel, asook om setels aan politieke partye en kandidate toe te ken. Die OVK se woordvoerder, David Mandaha, sê kundiges op die gebied van inligtings- […]
# Die bemanning van ‘n vragskip word vermis nadat dit in die Swart See, voor die kus van die NAVO-lidland Bulgarye, ná ‘n hommeltuigaanval gesink het. Die Bulgaarse premier, Rumen Radev, sê twee vragskepe is ongeveer 112 kilometer van die kus af aangeval. Die bemanning van ‘n tweede skip wat graan vervoer het, is gered […]
# Die adjunkpresident van die Patriotic Alliance, Kenny Kunene, sê die party sal met ander politieke partye saamwerk om Johannesburg te bestuur ná die plaaslike verkiesing op 4 November. Kunene het aan die SABC gesê sy ervaring as lid van die Burgemeesterskomitee vir Vervoer het hom insig gegee in die uitdagings rondom dienslewering. Hy sê […]
# Die DA kritiseer die voortdurende kragonderbrekings in Johannesburg en sê inwoners dra die gevolge van infrastruktuur wat misluk. Woordvoerder Nico de Jager sê dele van Lombardy-oos, Rembrandt-park, Alexandra en omliggende gebiede is al ‘n week sonder krag nadat twee transformators beskadig is. Hy skryf dit toe aan verouderde infrastruktuur, ontoereikende instandhouding en opsetlike beskadiging. […]
# Die Spoorwegveiligheidsreguleerder het ‘n drie-jaar veiligheidspermit aan Transnet se bestuurder van Spoorweginfrastruktuur toegeken ná ‘n omvattende beoordeling van sy bestuurs- en risikobeheerstelsels. Die permit beteken die instelling beweeg weg van ‘n tydelike magtiging en kan nou onafhanklik toesig hou oor Suid-Afrika se nasionale spoornetwerk. Die permit versterk die grondslag vir veilige spoorvervoer namate die […]