# Rugby: Argentinië, Uruguay, Chili en Brasilië hoop om die Wêreldbekertoernooi in 2035 die eerste keer ooit na Suid-Amerika te neem. Hulle het ‘n gesamentlike bod ingedien en beplan om elf stadions in tien stede te gebruik – agt in Argentinië en een in elk van die ander drie lande. Spanje en Japan het ook belangstelling getoon om die toernooi aan te bied. Wêreldrugby sal in Mei volgende jaar die voorkeur-gasheer aanwys na terreinbesoeke en uitvoerbaarheidstudies, en die amptelike aankondiging sal in November gedoen word.
Rugby: Vier lande wil Wêreldbeker die eerste keer na Suid-Amerika bring