# Eerste minister Andy Burnham het die Verenigde Nasies meegedeel Brittanje is gereed om leiding te neem met internasionale pogings om kunsmatige intelligensie-standaarde te ontwikkel. Hy het op die Algemene Vergadering gewaarsku K-I kan vinniger as die nodige veiligheidsmaatreëls ontwikkel en ‘n gevaar inhou vir nasionale veiligheid. Burnham sê verkose regerings moet belangrike K-I-besluite neem […]
# Kommissaris Sesi Baloyi van die Madlanga-kommissie sê die Mpumalanga-taxi-eienaar Oupa Sindane moes vrae beantwoord wat nie verband hou met sy strafsaak oor ‘n beweerde afpersingskema van twee-miljoen-rand nie. Sy regsverteenwoordigers vra meer tyd om vrae te identifiseer wat hy sonder benadeling kan beantwoord. Baloyi sê die redes vir sy afwesigheid word verswak deur sy […]
# Die Pretoriase Landdroshof het die sakeman Vusimuzi “Cat” Matlala se vrou, Tsakane, en haar medebeskuldigdes, Claudette Masethe en Given Makofane, 20-duisend-rand borgtog elk toegestaan in ‘n huurkontrak-bedrog- en korrupsiesaak. Cat Matlala bly intussen in aanhouding in die Kgosi Mampuru-gevangenis in dieselfde saak. Die beskuldigdes word aangekla van die gebruik van bedrieglike dokumente en vervalste […]
# Die Valke het weer ‘n verdagte aangekeerwat gesoek is in verband met verskeie ernstige misdade in Kanyamazane, Mpumalanga. Hy word verbind met die aanval in 2020 op die Badplaas-polisiestasie, waartydens vier vuurwapens gesteel is, asook ‘n gewapende roof by Elukwatini Cash and Carry, waar ‘n polisiebeampte geskiet en beseer is. Hy het na bewering […]
# Die landbou-organisasie TLU SA verwelkom die aankondiging deur die minister van Landbou, Willie Aucamp, dat kwalifiserende plaaslike en internasionale entiteite entstof teen bek-en-klouseer op groot skaal mag vervaardig deur voorwaardelike lisensie-ooreenkomste met die Landbounavorsingsraad. Die hoofbestuurder van die LNR, Bennie van Zyl, sê die raad se entstof is uiters geskik vir Suid-Afrikaanse virusstamme en […]
# Krieket: Kwena Maphaka is die vierde Suid-Afrikaanse snelbouler om te onttrek aan die eendagreeks teen Australië wat môre in Durban begin. Hy sluit aan by Kagiso Rabada, Lungi Ngidi en Ottneil Baartman, wat ook beseer is. Duan Jansen, Lizaad Williams en Nqobani Mokoena is by die groep ingesluit. Dit beteken hulle, Jansen se tweelingbroer […]
# Die lugvaartreus Airbus wil die gebruik van sy C295-militêre vervoervliegtuie in Suid-Afrika en elders in Afrika uitbrei. Die vliegtuig kan ingespan word vir soldate- en vragvervoer, mediese ontruimings en humanitêre operasies vanaf ongeteerde aanloopbane. Airbus het ‘n vier-jaar-ooreenkoms onderteken met Wits Universiteit en Frankryk se Hoër Instituut vir Lugvaartkunde en Ruimtevaart om opleiding in […]