Nuus 14:00
BULLETIN 23 September 2 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Sindane vra die Madlanga-kommissie vir uitstel weens sy gesondheidstoestand
# Die dodetal styg tot 26 nadat ‘n veerboot tien dae gelede in die Java-see omgeslaan het
# En sokker: Mbappé sit sy Ballon d’Or-veldtog voort
# ‘n Taxi-eienaar van Mpumalanga, Oupa “Bafana” Sindane, het die Madlanga-kommissie gevra om sy verskyning uit te stel totdat hy medies geskik en ‘n dringende aansoek op 6 Oktober in die Hooggeregshof in Pretoria aangehoor is. Hy wil ‘n interdik bekom om te verhoed dat hy moet getuig. Sindane se regsverteenwoordiger, Thabani Masuku, sê die versoek is om sy kliënt se grondwetlike regte te beskerm en onherstelbare benadeling te voorkom:
# Die burgerlike organisasie Forum for South Africa is bekommerd oor die aanklagte teen die geskorste adjunk-nasionale polisiekommissaris, Shadrack Sibiya. Die 59-jarige word aangekla van die verkragting van ‘n 18-jarige vrou in ‘n hotel in Sandton, Johannesburg, in Mei, en die seksuele voorbereiding van ‘n 16-jarige meisie tussen Julie en Augustus. Die forum se leier, Tebogo Mashilompane, sê niemand is bo die reg verhewe nie, ongeag van rang en posisie:
# Vyf mense is gisteraand dood en elf beseer in ‘n botsing op die kruising tussen Ou Pretoria-hoofweg en Maxwell-rylaan in Midrand, Gauteng. Xolani Fihla van die Johannesburgse Metro-polisie sê ‘n taxi-bestuurder wat in ‘n noordelike rigting gery het, het na bewering ‘n rooi verkeerslig veronagsaam en teen twee voertuie gebots wat in ‘n oostelike rigting gery het. Die taxibestuurder is ernstig beseer. Fihla sê ‘n saak van strafbare manslag word ondersoek:
Nuus uit die buiteland:
# Die dodetal het tot 26 gestyg nadat ‘n passasiersveerboot tien dae gelede in die Java-see in Indonesië omgeslaan het. Honderd-en-nege mense word steeds vermis. Virgo Transport 8 het op 13 September in gure weer omgeslaan onderweg van Surabaya na Banjarmasin. Daar was 243 mense aan boord, insluitend 30 bemanningslede. Reddingswerkers het die afgelope drie dae 14 liggame in kajuite gevind, terwyl nog twee aan die kus uitgespoel het. Die soektog fokus tans op kajuite waar nog passasiers moontlik vasgekeer kan wees. Die reddingsoperasie is tot Sondag verleng.
# Sokker: Real Madrid en Frankryk se voorspeler, Kylian Mbappé, sit sy veldtog vir die Ballon d’Or voort en glo sy vertonings maak hom ‘n sterk aanspraakmaker. Hy was verlede seisoen die top-doelskieter in die Wêreldbekertoernooi, La Liga en die Kampioene-liga. Mbappé het 25 ligadoele aangeteken, 15 in die Kampioene-liga en 10 tydens die Wêreldbekertoernooi. Frankryk het die halfeindronde van die Wêreldbeker gehaal, terwyl Real Madrid die seisoen sonder ‘n groot trofee afgesluit het. Die wenner van die Ballon d’Or word op 26 Oktober in Londen aangekondig.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-28-sent teen die dollar, 18-rand-58-sent teen die euro en 21-rand-62-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 85-duisend-774-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-316-dollar-56-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 99-dollar-58-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….