# Die Valke het weer ‘n verdagte aangekeerwat gesoek is in verband met verskeie ernstige misdade in Kanyamazane, Mpumalanga. Hy word verbind met die aanval in 2020 op die Badplaas-polisiestasie, waartydens vier vuurwapens gesteel is, asook ‘n gewapende roof by Elukwatini Cash and Carry, waar ‘n polisiebeampte geskiet en beseer is. Hy het na bewering versuim om in die hof te verskyn nadat hy verlede jaar borgtog toegestaan is. Hy sal na verwagting vandag in die Streekhof in Carolina verskyn.
Valke arresteer weer gesoekte verdagte oor aanval op polisiestasie in Mpumalanga