# Die LUR vir Vervoer en Gemeenskapsveiligheid in Limpopo, Nakedi Kekana, vra padgebruikers om versigtig te wees, aangesien verkeersvolumes na verwagting vanaf môre tot Maandag in die skoolvakansie sal toeneem. Kekana se woordvoerder, Dali Tshifhiwa, sê die provinsie bied die St Engenas ZCC-pelgrimstog op Moria en die Phalaphala FM-koninklike erfenisfees in Vhembe aan. Hy sê […]
# Die voedsel- en drankmaatskappy, PepsiCo, het bevestig die ikoniese graankos ProNutro gaan na 64 jaar nie langer in Suid-Afrika beskikbaar wees nie. Die besluit volg na ‘n terugslag vroeër vanjaar toe die maatskappy die oorspronklike produk vervang het met ‘n nuwe weergawe waarvan die smaak, tekstuur en reuk deur baie verbruikers gekritiseer is. PepsiCo […]
# Die voorsitter van die Verkiesingskommissie, Mosotho Moepya, sê die Verkiesingsgedragskode is noodsaaklik vir vrye en regverdige verkiesings. Hy het tydens die ondertekening-seremonie voor die plaaslike regeringsverkiesing van 4 November gesê dit bied aan 136-duisend-790 kandidate gelyke geleenthede om veldtogte te voer sonder intimidasie, geweld of onbillike verwringing. Moepya waarsku oortredings kan die verkiesingsproses ondermyn. […]
# ‘n Sakeman van Limpopo word van ernstige oortredings aangekla nadat hy vandag in die Landdroshof in Polokwane verskyn het. Die eienaar van die Limpopo-anti-dwelmsentrum, Tsebe Moloto, is uit op borgtog van 50-duisend-rand in ‘n saak van kwaadwillige saakbeskadiging. Die staat het aanklagte van brandstigting, betreding en vyf van poging tot moord bygevoeg. Moloto word […]
# Activists and Citizens Forum sê aanklagte van aanranding, seksuele gereedmaking en verkragting teen die geskorste adjunk-nasionale polisiekommissaris, Shadrack Sibiya, is uiters ernstig. Woordvoerder Dennis Bloem sê howe moet geen genade betoon aan mense wat van verkragting beskuldig word nie. Hy sê die saak is ‘n terugslag vir die stryd teen geslagsgeweld. Bloem moedig ondersoekers […]
# Eerste minister Andy Burnham het die Verenigde Nasies meegedeel Brittanje is gereed om leiding te neem met internasionale pogings om kunsmatige intelligensie-standaarde te ontwikkel. Hy het op die Algemene Vergadering gewaarsku K-I kan vinniger as die nodige veiligheidsmaatreëls ontwikkel en ‘n gevaar inhou vir nasionale veiligheid. Burnham sê verkose regerings moet belangrike K-I-besluite neem […]
# Kommissaris Sesi Baloyi van die Madlanga-kommissie sê die Mpumalanga-taxi-eienaar Oupa Sindane moes vrae beantwoord wat nie verband hou met sy strafsaak oor ‘n beweerde afpersingskema van twee-miljoen-rand nie. Sy regsverteenwoordigers vra meer tyd om vrae te identifiseer wat hy sonder benadeling kan beantwoord. Baloyi sê die redes vir sy afwesigheid word verswak deur sy […]
# Die Pretoriase Landdroshof het die sakeman Vusimuzi “Cat” Matlala se vrou, Tsakane, en haar medebeskuldigdes, Claudette Masethe en Given Makofane, 20-duisend-rand borgtog elk toegestaan in ‘n huurkontrak-bedrog- en korrupsiesaak. Cat Matlala bly intussen in aanhouding in die Kgosi Mampuru-gevangenis in dieselfde saak. Die beskuldigdes word aangekla van die gebruik van bedrieglike dokumente en vervalste […]
# Die Valke het weer ‘n verdagte aangekeerwat gesoek is in verband met verskeie ernstige misdade in Kanyamazane, Mpumalanga. Hy word verbind met die aanval in 2020 op die Badplaas-polisiestasie, waartydens vier vuurwapens gesteel is, asook ‘n gewapende roof by Elukwatini Cash and Carry, waar ‘n polisiebeampte geskiet en beseer is. Hy het na bewering […]