# Gauteng se LUR vir Onderwys, Lebogang Maile, sê ten spyte van aansienlike vordering, is daar steeds aanvraag vir plasing in spesiale skole in die provinsie. Tans wag 702 leerders op plasing by hierdie skole. Van hierdie leerders woon 419 skool by, terwyl 153 nie skoolgaan nie en hulp van hulpbron-sentrums ontvang. Nog 52 leerders […]
# Sokker: FIFA beskuldig die Europese beheerliggaam, UEFA, van ‘n smeerveldtog teen sy president, Gianni Infantino. UEFA het in drie Amerikaanse howe regsake aanhangig gemaak en versoek dat bewyse gevind word van Infantino se mislukte plan om aandele in die Wêreldbekertoernooi en ander kompetisies aan privaat beleggers te verkoop. Hy beskuldig Infantino van strafregtelike wanbestuur. […]
# Die minister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Mmamoloko Kubayi, het advokaat Ntuthuzelo Vanara as waarnemende hoof van die Ondersoekdirektoraat teen Korrupsie aangestel totdat die pos gevul word. Hy neem die leisels oor na die bedanking van advokaat Andrea Johnson. Vanara is tans op bestuursvlak regsraadgewer van die Spesiale Ondersoekeenheid. Die ministerie sê Vanara is […]
# Amerika se adjunkpresident, JD Vance, sê hulle gaan nie ʼn tydlyn stel vir die einde van die oorlog teen Iran nie. Hy sê dit hang van Teheran af wanneer die konflik, wat ses maande gelede begin het, gaan eindig. Die twee lande is weer besig met aanvalle op mekaar terwyl Iran beheer oor die […]
Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 04 September 2026: NASIONAAL: # Business Day: Berig die EFF en MK-party se regspanne sê niemand is verhef bo die Parlement nie en president Cyril Ramaphosa se hersieningsaansoek van die Artikel 89-paneelverslag is net ‘n vertragingstaktiek om die ampsklagverrigtinge tersyde te stel. Hulle het in die hof […]