Skip to content

Gautengse Onderwys-LUR erken plasing in spesiale skole is onder druk

# Gauteng se LUR vir Onderwys, Lebogang Maile, sê ten spyte van aansienlike vordering, is daar steeds aanvraag vir plasing in spesiale skole in die provinsie. Tans wag 702 leerders op plasing by hierdie skole. Van hierdie leerders woon 419 skool by, terwyl 153 nie skoolgaan nie en hulp van hulpbron-sentrums ontvang. Nog 52 leerders is in spesiale sorgsentrums, terwyl 140 na verwagting in 2027 na spesiale skole sal gaan wat die Tegniese Beroep-leerplan aanbied. Maile sê hulle wil seker maak elke kind het, ten spyte van gestremdheid, toegang tot onderwys.