Skip to content

Minister Kubayi stel advokaat Ntuthuzelo Vanara aan as waarnemende hoof van Ondersoekdirektoraat

# Die minister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Mmamoloko Kubayi, het advokaat Ntuthuzelo Vanara as waarnemende hoof van die Ondersoekdirektoraat teen Korrupsie aangestel totdat die pos gevul word. Hy neem die leisels oor na die bedanking van advokaat Andrea Johnson. Vanara is tans op bestuursvlak regsraadgewer van die Spesiale Ondersoekeenheid. Die ministerie sê Vanara is ‘n gevestigde regsgeleerde, bestuursleier en reguleerder met meer as 25 jaar progressiewe ondervinding in staatsinstellings, staatsondernemings, die Parlement en ander gereguleerde omgewings.