# Sokker: Spanje se sokkerafrigter, Luis de la Fuente, sê ‘n Wêreldbeker-oorwinning is nie genoeg nie en die Europese kampioene begin nou die volgende hoofstuk. Spanje kom Saterdag in die Nasieliga teen Engeland te staan. Dit is sy eerste wedstryd sedert hy in Julie die Wêreldbeker verower het. De la Fuente, wat sy kontrak tot […]
# Airports Council International sê ‘n rekordgetal van 9,8-miljard passasiers het in 2025 wêreldwyd deur lughawens beweeg. Afrika het op ‘n jaargrondslag die sterkste groei van 9-persent aangeteken, gevolg deur die Midde-Ooste met 6,5-persent. Wêreldwye passasiersverkeer het met 6,1-persent toegeneem, aangedryf deur internasionale reise. Lugvrag het ook ‘n rekord van 131,2-miljoen ton bereik, ‘n styging […]
# Die DA sê die Suid-Afrikaanse Polisiediens het 15 maande nadat die probleem die eerste keer uitgewys is, nog nie sy misdaadsyfers oor vroue en kinders reggestel nie. Die polisie het op ‘n vergadering van die Parlement se Portefeuljekomitee oor Polisie bevestig die probleem is nog nie opgelos nie. Die DA-lid, Ian Cameron, sê die […]
# ‘n Professor in Kriminologie aan die Universiteit van Pretoria, Christiaan Bezuidenhout, sê Suid-Afrika het 187-duisend-681 polisielede, maar slegs sowat 25-duisend operasionele beamptes is op ‘n gegewe tydstip beskikbaar. Die polisiediens het 155-duisend-231 beëdigde polisielede en 32-duisend-413 burgerlike werknemers wat nie by operasionele wetstoepassing betrokke is nie. Bezuidenhout sê ná skorsings, verlof en afwesigheid bly […]
# Die Suid-Afrikaanse Reserwebank het die terugkoopkoers met 25 basispunte tot 7,25-persent verhoog, weens hoër brandstofpryse en toenemende inflasierisiko’s. Die besluit was eenparig en het die uitleenkoers tot 10,75-persent laat styg. Die president van die bank, Lesetja Kganyago het aan die media gesê inflasie sal na verwagting later vanjaar en vroeg volgende jaar tot bo […]
# Biskop Azwihangwi Maumela het om verskoning gevra en opmerkings teruggetrek wat hy gemaak het na die geskorste adjunk-polisiekommissaris Shadrack Sibiya se hofverskyning vir seksuele oortredings. Maumela sê hy het oor sy opmerkings besin en aanvaar dat hy die saak met groter sensitiwiteit moes hanteer het, veral omdat ‘n minderjarige betrokke is. Maumela het bewerings […]
# Die DA sê Gauteng se pogings om lugbesoedeling te bekamp, word belemmer deur personeeltekorte, beperkte befondsing en verouderde infrastruktuur. Volgens die party is slegs drie van Tshwane se 13 goedgekeurde poste vir luggehaltebeheer gevul, terwyl Johannesburg en Ekurhuleni ook probleme met moniteringstoerusting en instandhouding ervaar. Jade Miller van die DA sê swak afvalverwydering en […]
# Suid-Afrika se jaarlikse voedselprysinflasie het vir die eerste keer in nege maande toegeneem, hoewel dit steeds relatief laag bly. Statistiek Suid-Afrika sê voedselprysinflasie het van 0,9-persent in Julie tot 1,1-persent in Augustus gestyg. Algehele inflasie het ook effens toegeneem van 4,3-persent tot 4,4-persent. Kerninflasie, wat brandstof-, voedsel- en elektrisiteitspryse uitsluit, het egter effens verbeter […]