# ‘n Professor in Kriminologie aan die Universiteit van Pretoria, Christiaan Bezuidenhout, sê Suid-Afrika het 187-duisend-681 polisielede, maar slegs sowat 25-duisend operasionele beamptes is op ‘n gegewe tydstip beskikbaar. Die polisiediens het 155-duisend-231 beëdigde polisielede en 32-duisend-413 burgerlike werknemers wat nie by operasionele wetstoepassing betrokke is nie. Bezuidenhout sê ná skorsings, verlof en afwesigheid bly sowat 100-duisend oor. Hy sê streng skofroosters beteken slegs ‘n klein deel van die polisiebeamptes is op enige gegewe tydstip aan diens. Dis gelykstaande aan 59 beamptes per 100-duisend inwoners, aansienlik minder as die VN-riglyn van 300, met slegs een beampte vir elke twee-duisend-564 inwoners.
Kenner sê slegs 25 000 SAPD-beamptes is op enige gegewe tyd aan diens