# Die Suid-Afrikaanse Reserwebank verwag dat inflasie teen laat volgende jaar na die teiken van drie-persent sal terugkeer, ondanks ‘n styging op die kort termyn wat deur hoër brandstofpryse aangedryf word. Volgens die bank bly voedselinflasie laag, terwyl wêreldkonflikte, oliepryse en ander voorsieningsprobleme steeds risiko’s inhou. Die president van die bank, Lesetja Kganyago, het aan […]
# Die Stad Johannesburg sê meer as een-miljard-rand se kwalifiserende munisipale skuldverligting is vir verwerking ingedien. Die verligting spruit voort uit meer as 18-duisend aansoeke wat teen die einde van Julie ontvang is vir uitstaande skuld van ongeveer twee-miljard-rand. Die grootste deel van die verligting is bestem vir begunstigdes van die uitgebreide maatskaplike pakket, residensiële […]
# Tennis: Carlos Alcaraz beskou die Duitser Alexander Zverev tans as die beste speler ter wêreld. Albei is die naweek vir Span Europa in die Laver-beker in Londen in aksie. Die Spanjaard glo Zverev is ‘n kragtige wapen wat hulle teen die Wêreldspan kan inspan. Dit is Alcaraz se tweede toernooi sedert hy verlede maand […]
# Krieket: Die veteraan Protea-kolwer David Miller sê hulle gaan nie te ver vooruit kyk na volgende jaar se eendag-Wêreldbekertoernooi in Suider-Afrika nie. Die Proteas speel vandag in Durban die eerste van drie eendagwedstryde teen Australië. Miller sê hoewel plekke in die Wêreldbeker-span in hul koppe sal wees, gaan hulle eerder daarop fokus om hul […]
# Build One South Africa sê hy sal ‘n skoon en eerlike veldtog voer in die aanloop tot die plaaslikeregeringverkiesing op 4 November. BOSA neem in 24 munisipaliteite deel met 794 kandidate. Die partyleier Mmusi Maimane het tydens die ondertekening van die verkiesingsgedragskode gesê kiesers moet vry wees om die party te kies wat hul […]
# Die hoofekonoom van KPMG, Frank Blackmore, sê die daling in kerninflasie tot 4,1-persent in Augustus is ‘n positiewe teken, nadat kerninflasie die afgelope maande toegeneem het. Blackmore sê egter die hoër olie- en brandstofpryse veroorsaak opwaartse druk op vervoerkoste, wat bydra tot algehele inflasie. Hy sê behuising en nutsdienste is steeds die grootste bydraers […]
# Die Nasionale Seereddingsinstituut vier bykans 60 jaar van lewensredding op Suid-Afrika se waters, met vieringe wat saamval met Erfenisdag en Wêreldmaritieme-dag. Die NSRI is in 1967 gestig na 17 vissermanne in 1966 naby Stilbaai dood is, wat daartoe gelei het dat Patti Price, ‘n onderwyseres van Simonstad, haar vir ‘n seereddingsdiens begin beywer het. […]
# Suid-Afrika sal moontlik meer as 129,9-miljard-rand nodig hê om twee staatsbeheerde raffinaderye wat tans buite werking is, weer in bedryf te stel om sodoende energiesekerheid te versterk. Die Sentrale Energiefonds sê die heraktivering van SAPREF in Durban kan ongeveer 116,1-miljard-rand beloop, met ‘n finale beleggingsbesluit wat vir 2027/28 beoog word. Die gas-tot-vloeistof-raffinadery in Mosselbaai […]