# Standard Bank sê China se nultariefbeleid skep nuwe geleenthede vir uitvoerders vanuit Suid-Afrika, Kenia, Zimbabwe en Nigerië om die Chinese mark te betree en uit te brei. Die bank sê laer invoerregte help besighede soos Suid-Afrikaanse vrugte- en wynprodusente om koste te verminder en hul uitvoermarkte te diversifiseer. Hy sê sterker betalingstelsels wat China […]
# Die afgetrede hoof van die Valke, Godfrey Lebeya, het aan die Madlanga-kommissie gesê hy ken nie die taxibaas Jotham “Koning Mswazi” Msibi nie. Lebeya is deur getuienisleier, advokaat Lee Segeels-Ncube, gevra of hy van Msibi of sy aktiwiteite in die taxibedryf weet, veral in Mpumalanga, waar Lebeya voorheen gestasioneer was. Lebeya het gesê hy […]
# Die Gautengse Departement van Gesondheid ondersoek bewerings van afpersing by die Germiston Forensiese Patologiediens. Die ondersoek volg op ‘n plasing op sosiale media wat beweer sommige amptenare eis geld om nadoodse ondersoeke te bespoedig. Die Departement beklemtoon alle forensiese patologiedienste, insluitend DNS-analise, nadoodse ondersoeke en liggaamsbewaring, is gratis. Die woordvoerder van die Departement, Steve […]
# Die Departement van Bosbou, Visserye en die Omgewing bied die 2026 Biodiversiteitsnavorsings- en Bewyse-Indaba in Boksburg, Gauteng, aan. Die driedaagse byeenkoms bring wetenskaplikes, beleidmakers, bewaringsgesindes, die burgerlike samelewing en mense met inheemse kennis bymekaar om bewysgebaseerde omgewingsbesluitneming te versterk. Besprekings fokus op biodiversiteitsnavorsingsgapings, ekosisteemherstel, spesiebewaring, klimaatsveerkragtigheid, biologiese indringings en die biodiversiteitsekonomie. Die uitkomste sal […]
# Die Suid-Afrikaanse Polisiediens in die Wes-Kaap het vandag hulde gebring aan kaptein Zamani Mzayiya wat aan diens dood is. Die 50-jarige is verlede week tydens ‘n skietery met ‘n verdagte in Knysna doodgeskiet. Hy was deel van ‘n span wat ontplooi is ná ‘n vlaag noodlottige skietvoorvalle in die gebied. Polisiebestuur, kollegas en familie […]
# Die ekonoom Gina Schoeman sê verswakkende munisipale dienste ondermyn Suid-Afrika se pogings om sakevertroue te verbeter. Schoeman het aan afgevaardigdes by die Geldberaad gesê hervormings in elektrisiteit en logistiek, ondersteun deur bestendige fiskale en monetêre beleid, word deur swak munisipale infrastruktuur geneutraliseer. Die direkteur-generaal van die Nasionale Tesourie, Duncan Pieterse, het intussen erken munisipaliteite […]
# Die Nasionale Reguleerder vir Verpligte Spesifikasies het wysigings aan die verpligte veiligheidstandaarde vir nuwe passasiersvoertuie voorgestel. Die konsepregulasies vereis onder meer minstens vier lugsakke, beskerming teen botsings aan die kant van voertuie, elektroniese bestendigheidsbeheer en standaarde vir kuberveiligheid en gevorderde bestuurder-bystandstelsels. Die voorstelle maak voorsiening vir elektriese, hibriede, waterstof- en gasaangedrewe voertuie. Verbruikers, vervaardigers […]
# Die Internasionale Handelsadministrasie-kommissie het aanbeveel dat die heffing van 27,26-persent op die invoer van deursigtige glas uit Egipte behoue bly. Die besluit volg op ‘n hersiening wat op versoek van PFG Building Glass, ‘n afdeling van die PG-groep, gedoen is. Itac het bevind om die heffing te staak sal waarskynlik daartoe lei dat plaaslike […]
# Die minister van Vervoer, Barbara Creecy, het vandag amptelik die Padveiligheidspraktisynsberaad in Ekurhuleni geopen onder die tema “Versterking van Padveiligheid deur Samewerking, Innovasie en Verantwoordbaarheid.” Die driedaagse geleentheid pak dringende padveiligheidsuitdagings aan en is daarop gemik om verbintenisse in meetbare aksie te omskep, met ‘n nasionale verklaring wat na verwagting stappe sal uiteensit om […]