# Bluu Car Rental sê Suid-Afrikaners huur meer motors, reis verder en betaal minder per dag. Verhurings vir mense op vakansie het verlede jaar met 16-persent gestyg, wat dit die bedryf se grootste marksegment maak. Die gemiddelde daaglikse huurkoers het van 552-rand tot 501-rand gedaal, ondanks stygende brandstof-, versekerings- en onderhoudskoste. Kaapstad bly die land se besigste motorhuur-lughawe, terwyl George, Lanseria en Nelspruit die vinnigste groei aangeteken het. Die maatskappy raai klante aan om voertuigveiligheid, instandhouding en padbystand te oorweeg, nie net pryse nie.
Suid-Afrika se motorverhuringsbedryf toon groei ondanks dalende daaglikse tariewe