Skip to content

Psigiaters waarsku oor ‘n landwye tekort aan noodsaaklike medikasie vir geestesgesondheid [KLANK] 

# Die Suid-Afrikaanse Vereniging van Psigiaters sê tekorte aan noodsaaklike geestesgesondheidsmedikasie raak openbare hospitale landwyd. Die tekorte het ‘n uitwerking op pasiënte met toestande soos skisofrenie, bipolêre versteuring en depressie. Voorrade van alternatiewe medisyne raak ook min en mag moontlik nie vir alle pasiënte werk nie. Mahlatse Thosago van die vereniging waarsku pasiënte wat nie hul gewone medikasie kan kry nie, kan ‘n insinking ervaar wat kan lei tot meer hospitaalopnames en verdere druk op gesondheidsfasiliteite:

ENG ThosagoOnMentalMedication