# Women For Change het aangekondig die landwye vrouestaking is op 21 November terug om die regering te vra vir dringende optrede teen geslagsgeweld en vrouemoord, ‘n jaar nadat dit tot ‘n nasionale ramp verklaar is. Die organisasie sê, ten spyte van die verklaring, het Suid-Afrika steeds nie ‘n volledig befondsde implementeringsplan met duidelike teikens en verantwoordbaarheid nie. As deel van die optrede sal daar ‘n optog van Wits Universiteit na Constitution Hill gehou word, met deelnemers wat dan 15 minute op die grond sal lê om vroue te vereer wat daagliks in Suid-Afrika vermoor word.
Women For Change kondig ‘n landwye vrouestaking op 21 November aan