# ‘n Navorser aan die Universiteit van Kaapstad, Kemgang Ghomsi Franck Eitel, sê aardverwarming van meer as 1,5 grade Celsius kan lei tot stygende seevlakke vir honderde jare. Eitel het tot ‘n belangrike internasionale verslag oor die uitwerking van klimaatsverandering op poolysplate bygedra. Die verslag waarsku smeltende ys in Groenland en Antarktika kan veroorsaak dat seevlakke teen die einde van die eeu met tot een meter styg, met verdere stygings wat vir eeue kan voortduur. Eitel doen ‘n beroep op vinniger verminderings in skadelike vrystellings en beter beskerming vir kusgemeenskappe.
Navorser aan die Universiteit van Kaapstad waarsku seevlakke sal onomkeerbaar styg namate wêreldtemperature toeneem