# Die Wes-Kaapse Hooggeregshof sal Vrydag uitspraak lewer in president Cyril Ramaphosa se dringende aansoek om die Ampsklagkomitee te stop. Hy soek ‘n interdik om die komitee se verrigtinge te stop, hangende ‘n hersiening van die Artikel 89 onafhanklike paneelverslag. Ramaphosa se regspan het verlede week in die hof aangevoer dit sal ‘n vernedering wees […]
# President Donald Trump sê hulle sal optree teen Jemen se Houthi-rebelle met Iranse bande as hulle hul dreigement om Saoedi-hawens te blokkeer, uitvoer. Die belangrike skeepsroetes van die Rooi See lê langs Jemen se kus. ’n Volledige sluiting van Bab el-Mandeb kan die wêreldwye olievoorraad met sewe-persent verminder. Die Houthi’s se gewapende magte het […]
# Die Nasionale Tesourie sê die Wêreldbanklening van 24,78-miljard-rand, tesame met finansiering wat deur ander multilaterale ontwikkelingsvennote verseker is, het die regering in staat gestel om aan sy leningsvereiste van 52,6-miljard-rand buitelandse valuta vir die 2026/2027-boekjaar te voldoen. Die jongste Wêreldbank Ontwikkelingsbeleid-lening aan Suid-Afrika is daarop gemik om infrastruktuurhervormings te ondersteun en inklusiewe ekonomiese groei […]
# Israel se minister van Finansies, Bezalel Smotrich, sê sy land stel nie belang om by Amerika se hernude veldtog teen Iran betrokke te raak nie. Israel en Amerika het op 28 Februarie met gekoördineerde aanvalle op Teheran begin, waarna Iran gereageer het met aanvalle op Amerikaanse weermagbasisse in die Midde-Ooste. Smotrich sê die huidige […]
# Die ANC het volgens berigte ʼn twee-fase-proses voorgestel vir die parlementêre Ampsklagkomitee. Die Wes-Kaapse Hooggeregshof sal hierdie week uitspraak lewer in president Cyril Ramaphosa se dringende aansoek om die komitee se prosedures te staak, hangende ʼn hersiening van die Artikel 89-paneel se verslag. Volgens News24 wil die ANC hê die komitee moet eers bestaande […]
# Die Verenigde Nasies is bekommerd oor die Irans-gesteunde Houthi-rebelle in Jemen se hernude dreigemente teen Saoedi-Arabië, asook vryheid van beweging in die belangrike Rooi See-skeepsroetes langs die Jemeense kus. ‘n Volledige sluiting kan olievoorraad met sewe-persent verminder. Die Houthi’s het ‘n maritieme embargo teen Saoedi-Arabië ingestel uit vergelding vir die versperring van hawens en […]
# Sokker: Spanje is weer boaan die mans-wêreldranglys nadat hy Argentinië verslaan het in die eindstryd van die Wêreldbekertoernooi. Argentinië is tweede en Frankryk derde nadat hy teen Engeland verloor het in die uitspeelstryd om derde plek. Engeland en Brasilië voltooi die top-vyf. Marokko is sesde, die beste in Afrika, terwyl Suid-Afrika ses plekke opgeskuif […]
# Amerika se weermag het gisteraand sy tiende agtereenvolgende vlaag aanvalle op Iran uitgevoer. President Donald Trump het Teheran gewaarsku dat hy sterk vergelding moet verwag nadat Amerikaanse soldate onlangs dood is. Amerika se Sentrale Bevel sê die jongste aanvalle was gemik op Iran se militêre bevelsentrums, maritieme vermoëns, missiel- en hommeltuig-lanseerpersele en lugafweerstelsels. Hy […]
# Sokker: FIFA ondersoek die onderonsie tussen Argentynse en Spaanse spelers tydens Sondag se Wêreldbeker-eindstryd in New Jersey. Leandro Paredes het ‘n rooikaart gekry vir gewelddadige gedrag nadat hy Eric Garcia en ander Spaanse spelers gegryp en rondgestoot het. Nahuel Molina het blykbaar die Spaanse kaptein, Rodri, in die maag geslaan terwyl hy hulle oorwinning […]