# Die voorsitter van die parlementêre ad hoc-komitee, Soviet Lekganyane, sê die bevindings en aanbevelings van die komitee kan help om die strafregstelsel te vorm. Die komitee is saamgeroep om bewerings van KwaZulu-Natal se polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, te ondersoek. Hy beskuldig hooggeplaaste politici, polisieleiers en misdaad-kartelle dat hulle Suid-Afrika se strafregstelsel binnegesypel het. Lekganyane sê […]
# Die Wêreldgesondheidsorganisasie se direkteur-generaal, Tedros Adhanom Ghebreyesus, het kommer uitgespreek dat veranderinge aan die Verenigde State se immuniseringsbeleid nie ooreenstem met die beste beskikbare wetenskap nie. President Donald Trump het Maandag ʼn uitvoerende bevel onderteken wat kinders se roetine-inentings van 18 tot 11 verminder. Volgens die bevel word die gekombineerde inenting vir masels, Duitse […]
# Gauteng se LUR vir Onderwys, Lebogang Maile, sê die idee dat sy departement geld bestee aan kantoorruimte ten koste van skoolbefondsing is kwaadwillig en misleidend. Volgens berigte bestee Gauteng se provinsiale regering meer as 230-miljoen-rand per jaar aan gehuurde distrikskantore vir die departement terwyl skole in die provinsie ernstige begroting-besnoeiings moet hanteer. Die departement […]
# Die MK-party het begin met formele verrigtinge in beide die Parlement en voor die Madlanga-kommissie van ondersoek teen die voorsitter van die portefeuljekomitee oor Polisie, Ian Cameron. Sy naam is by die kommissie genoem in verband met bewerings dat hy deel was van ‘n komplot deur die Ondersoekdirektoraat Teen Korrupsie om die geskorste nasionale […]
# President Cyril Ramaphosa sê die regering sal die proses om ‘n volledig onafhanklike, staatsbeheerde transmissiemaatskappy te vestig, versigtig en verantwoordelik onderneem. Hy het die fase-een-verslag van die Eskom-herstruktureringstaakspan ondersteun, wat die haalbaarheid van die vestiging van ‘n Transmissiestelseloperateur met netwerkbates uiteensit. Ramaphosa sê die proses moet die minimalisering van finansiële, operasionele en fiskale risiko; […]
# Today is Afrikaans Language Day, which is celebrated nationwide by various cultural organisations and in Afrikaans schools. This year marks 150 years since the Genootskap vir Regte Afrikaners was founded in Paarl on 14 August 1875, and it is generally accepted that this is the founding day of Afrikaans. People are encouraged to buy […]
# Vandag is Afrikaanse Taaldag wat landswyd deur verskillende kultuurorganisasies en in Afrikaanse skole gevier word. Dis vanjaar 150 jaar sedert die Genootskap vir Regte Afrikaners op 14 Augustus 1875 in die Paarl gestig is en daar word algemeen aanvaar dat dit die stigtingsdag van Afrikaans is. Mense word vandag aangemoedig om ‘n Afrikaanse boek […]
# Tennis: Die verdedigende kampioen, Ben Shelton, en sy Amerikaanse landgenoot, Brandon Nakashima, gaan sake uitspook in die eindstryd van die Kanadese Ope in Montreal. Shelton het nog ‘n Amerikaner, Learner Tien, uitgeskakel terwyl Nakashima die Spanjaard Rafael Jodar verslaan het om sy eerste ATP Meesters-een-duisend-eindstryd te haal. In die vroueafdeling in Toronto sal die […]
# Die Wêreldgesondheidsorganisasie waarsku die Ebola-uitbreking in die Demokratiese Republiek die Kongo kan die dodelikste op rekord word. Meer as twee-duisend mense uit meer as vier-duisend-300 aangemelde gevalle is dood. Die uitbreking van 2014 tot 2016 in Wes-Afrika is steeds die dodelikste nadat meer as elf-duisend mense uit ongeveer 28-duisend gevalle dood is. Die WGO […]