# Die polisie ondersoek twee sake van strafbare manslag na die dood van drie mense in twee afsonderlike voorvalle op die N1 in Limpopo. Die minister van Gesondheid, Aaron Motsoaledi, se ampsmotor was by een betrokke. Polisiewoordvoerder, Athlenda Mathe, sê ʼn vrou en haar twee kinders het die hoofweg probeer oorsteek toe die minister se […]
# Katar het weer bevestig dat dit belangrik is om vrye beweging deur die Straat van Hormoes te beskerm en enige aanvalle teen handelsvaartuie of dreigemente teen maritieme sekuriteit veroordeel. Sowat ʼn vyfde van die wêreld se olie en vloeibare aardgas beweeg gewoonlik deur die seestraat. Teheran sê dit sal gesluit bly tot Amerika sy […]
# Vier ministers het bedank te midde van toenemende oproepe dat die Britse premier Keir Starmer moet bedank weens die Arbeidersparty se rampspoedige plaaslikeverkiesingsuitslae. In sy bedankingsbrief het die minister van Gesondheid, Zubir Ahmed, gesê dit is duidelik dat die publiek onherstelbaar vertroue in Starmer verloor het. Die minister van Gemeenskappe, Miatta Fahnbulleh, die minister […]
# Die ANC-jeugliga sê hy verwerp toenemende oproepe dat president Cyril Ramaphosa moet bedank en noem dit politieke opportunisme. Die president het daarop aangedring dat hy nie sal bedank nie. Dit volg na die uitspraak deur die Konstitusionele Hof verlede week, dat die parlementêre stemming wat verhoed het dat die Artikel 89-onafhanklike paneelverslag oor Phala […]
The headlines of the leading newspapers on 12 May 2026: NATIONAL: # Business Day: Reports on the story of the day, namely that president Cyril Ramaphosa has said he will not resign over the Phala Phala report. The president will question the independent panel report, which suggests that he must answer for allegations against him. […]
Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 12 Mei 2026: NASIONAAL: # Business Day: Berig oor die storie van die dag naamlik dat president Cyril Ramaphosa gesê het hy gaan nie bedank oor die Phala Phala-verslag nie. Die president gaan die onafhanklike paneelverslag bevraagteken wat daarop dui dat hy antwoorde moet gee oor beskuldigings […]
# Die Suid-Afrikaanse superster, Tyla, sal een van die kunstenaars wees met die openingseremonies van die Wêreldbeker-sokkertoernooi. Daar sal afsonderlike seremonies wees in die gasheerlande – Amerika, Mexiko en Kanada. Die vieringe begin op 11 Junie in Mexiko waar die Grammy-bekroonde Tyla saam met ander kunstenaars soos J Balvin en Los Ángeles Azules sal optree. […]
# President Cyril Ramaphosa sê hy sal voortgaan om alles in sy vermoë te doen om die ekonomie te herbou, instellings te herstel en die samelewing te hernu. Hy het die land gisteraand by die Uniegebou toegespreek en gesê hy gaan die onafhanklike paneel se verslag oor Phala Phala op hersiening neem. Ramaphosa sê hy […]
# President Donald Trump van Amerika sê die skietstilstand tussen Amerika en Iran is op ʼn naaldpunt. Dit volg nadat hy Teheran se jongste teenvoorstel om vyandelikhede te beëindig, as eenvoudig onaanvaarbaar beskryf het. Amerika se memorandum van een bladsy met 14 punte sluit voorstelle in soos die beëindiging van Iran se uraanverryking en die […]