# Krieket: Suid-Afrika se vroue het Nederland in Bristol met 88 lopies afgeransel in die T20-Wêreldbekertoernooi en is steeds op koers om die halfeindronde te haal. Tazmin Brits het ʼn onoorwonne 114 bygedra tot die Proteas se 208 vir een. Ayabonga Khaka het daarna drie paaltjies platgetrek en Nederland tot 120 vir agt help beperk. […]
# Gauteng se polisiekommissaris, Tommy Mthombeni, waarsku dat Suid-Afrikaners wat onwettige immigrante huisves of in diens neem, boetes van tot tien-duisend-rand en moontlik strafregtelike gevolge kan verwag. Dit volg terwyl wetstoepassingsagentskappe hul voorbereiding verskerp in aanloop tot Dinsdag se landwye betogings teen onwettige immigrante. Mthombeni sê planne is gereed om wet en orde te handhaaf […]
# Die uittredende Britse eerste minister Keir Starmer sê hy sal ʼn ordelike oordrag van mag verseker. Hy het Maandag sy bedanking aangekondig en Andy Burnham sal hom waarskynlik as eerste minister en leier van die Arbeidersparty vervang. Burnham is tot dusver die enigste kandidaat en indien niemand hom uitdaag nie, kan hy reeds teen 17 […]
# Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, sê Suid-Afrika volg ʼn onafhanklike buitelandse beleid wat stewig gevestig is in die beginsel van onverbondenheid, en sal nie van buite voorgeskryf word nie. Hy het gereageer op opmerkings van die Amerikaanse ambassadeur in Pretoria, Leo Brent Bozell, wat gesê het adjunkpresident Paul Mashatile se […]
# Die voormalige MK-partylede, Duduzile Zuma-Sambudla en Nhlamulo Ndhlela, het hofdokumente by die Suid-Gautengse Hooggeregshof ingedien waarin hulle hul verwydering uit die party betwis. Hulle versoek dat hul skorsings tersyde gestel word, en voer aan dat die besluit om hul lidmaatskap te beëindig hersien en omgekeer moet word. In die dokumente sê die twee hulle […]
# Die Amerikaanse Hooggeregshof het beslis dat president Donald Trump se regering die wetlike beskerming vir migrante wat van geweld en natuurrampe in Haïti en Sirië vlug, kan beëindig. Die beëindiging van die tydelike beskermde status sal soveel as 350-duisend Haïtiane en ses-duisend Siriërs in Amerika raak. Intussen het die hof in ‘n afsonderlke uitspraak […]
# Minstens 32 mense is dood en meer as 700 beseer nadat twee aardbewings Venezuela se hoofstad, Caracas, getref het. Die dodetal gaan na verwagting styg. Die skuddings van 7,2 en 7,5 het 40 sekondes na mekaar voorgekom. Geboue het ingetuimel en die land se belangrikste lughawe is gesluit. Venezuela se tussentydse president, Delcy Rodríguez, […]
# Die minister van Finansies, Enoch Godongwana, is ontevrede met die Stad Johannesburg se vorderingsverslag, en gaan die Tesourie opdrag gee om die oordrag van fondse na die metro te staak. Hy het in ʼn brief aan burgemeester Dada Morero gesê die stap volg nadat die metro ʼn onbefondsde begroting aanvaar het, en sy voortslepende […]
# Sokker: Bafana Bafana se kaptein, Ronwen Williams, sê hy is uiters trots op die karakter en ingesteldheid wat hulle getoon het toe hulle die Wêreldbeker-groep A-wedstryd teen Suid-Korea moes wen. Hugo Broos se span het in Monterrey 1-0 gewen en die eerste keer ooit deurgedring na die uitklopfase. Suid-Afrika kan Sondag in Los Angeles […]