# Minstens 12 mense is dood en 309 beseer toe Jemen se Houthi-militante die naweek missiele op die Koning Khalid-lughawe in Riaad afgevuur het. Hulle het ‘n terminaalgebou getref en vier Saoedi’s, twee Bangladesjiërs, ‘n Amerikaner, ‘n Egiptenaar, ‘n Jordaniër, ‘n Siriër, ‘n Palestyn en ‘n Soedanees is in die aanval dood. Die Houthi’s het ook olie-installasies en die Dammam-lughawe in die ooste van Saoedi-Arabië aangeval. Die groep sê hulle teiken Saoedi-Arabië vanweë sy steun aan regeringsmagte in Jemen se burgeroorlog, asook ‘n lugaanval op die lughawe in Sanaa.
Minstens 12 mense sterf in missielaanvalle deur Houthi-militante op lughawe in Riaad