# Die bekende Suid-Afrikaanse akteur, die 81-jarige Marius Weyers, het ongeneeslike kanker. Weyers het aan Netwerk24 gesê hy vrede gemaak met sy toestand. Hy is onlangs in die hospitaal opgeneem en is tans in ʼn rehabilitasiesentrum. Weyers sal na verwagting terugkeer na sy huis in Rooi-Els waar hy sonder verdere mediese ingryping versorg sal word. In sy loopbaan van meer as vyf dekades het hy in sowat 200 teater-, film- en televisieproduksies verskyn. Weyers se vrou, Evette, ʼn gerespekteerde beeldhouer, is in 2023 dood nadat sy aan Alzheimer se siekte gely het.
Veteraanakteur Marius Weyers het ongeneeslike kanker